[Video] Rugbyman vra jawoord ná wedstryd

Cheslin Kolbe en Layla Cupido ('n Skermskoot uit die video)

Cheslin Kolbe en Layla Cupido (‘n Skermskoot uit die video)

Die Stormers-heelagter Cheslin Kolbe het die afgelope naweek ná die Westelike Provinsie se oorwinning teen die Boland Cavaliers op Nuweland verloof geraak aan sy meisie, Layla Cupido.

Die Westelike Provinsie het Vrydag die Cavaliers 30-28 gewen en is ʼn plek in die Curriebeker-semifinaal verseker.

Die verloofdes het al sedert 2013 ʼn verhouding.

Cheslin het vertel hy wou haar spesifiek op Nuweland die jawoord vra, omdat hulle eerste ontmoeting daar was.

“Ons het destyds ʼn Curriebeker-wedstryd teen die Xerox Leeus op Nuweland gespeel. Ná die wedstryd het ek ʼn beeldskone meisie in ʼn rooi trui raakgesien. Sy het my en Kurt Coleman gevra vir ʼn foto, en ek is sedertdien verlief,” het hy gesê.

“Layla is die liefde van my lewe, en ek wou haar op ʼn spesiale plek vra om te trou,” het hy bygevoeg.

Die paartjie is deur die res van die span, ʼn groep fotograwe en die rasieleiers toegejuig.

ʼn Video van die spesiale oomblik, wat die Stormers op hul Facebook-blad gedeel het, is al meer as 130 000 keer in slegs drie dae gekyk.

WATCH: Cheslin Kolbe proposed to his girlfriend Layla Cupido at #DHLNewlands, and she said yes! #cheslinjoulekkerding

Posted by Stormers on Friday, September 30, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.