[Video] SA rugbyspeler en sy vrou gaan ouers word

Kobus en Juné (Foto: Instagram)

Die Sharks-rugbyspeler Kobus van Wyk en sy vrou, Juné, gaan vir die eerste keer ouers word.

Die egpaar het dié nuus op Instagram bevestig. “Dit is amptelik – baba Van Wyk [kom] in 2018. God het ons weereens geseën met meer as waarvoor ons kon vra,” het Van Wyk op Instagram laat hoor.

Volgens ʼn inskrywing op sosiale media is Juné net ʼn raps langer as nege weke swanger. Sy het gesê die egpaar is in die wolke oor hul “wittebroodbaba”.

Van Wyk, vleuel vir die Sharks, het ʼn intieme video op sosiale media gedeel waar die egpaar vir die eerste keer hul pienkvoet se hartklop hoor.

“Geen woorde kan hierdie gevoel ooit beskryf nie,” het Juné geskryf. “Here, hierdie is u kind. Dankie, Pappa God, dat u ons kom seën het met hierdie ongelooflike verrassing en die heel grootste blessing. Dankie dat U ons gekies het om hierdie kind se ouers te wees. Ons harte loop oor van dankbaarheid. Mamma en pappa is sooooo lief vir jou, my engel.” [sic]

Die egpaar het op 12 Augustus vanjaar op die Brenaissance-wynlandgoed in Stellenbosch die knoop deurgehak. Hul pienkvoet sal na verwagting in Mei volgende jaar gebore word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Juné of Jané? ·

Is dit nou Juné of Jané?
In die berig praat jul van Juné, op die fotos van Jané.

Dalene de Vente ·

Dagsê Juné, dankie vir jou valkoog.
Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

anita ·

Hoop nie die ou babatjie word ook te vroeg gebore nie.
Se manet

Riaan Malan ·

Stem,wanneer bekendes trou en die baba daag op dan word daar gese die baba is vroeg gebore,veral as dit n moet troue was

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.