Video: Sanger en vrou verwag nóg ʼn dogtertjie

Vaughan saam met Ameline (Foto: Instagram)

Die sanger en liedjieskrywer Vaughan Gardiner en sy vrou, Nerine, gaan einde vanjaar ʼn tweede dogtertjie in hul huis verwelkom.

Die sanger het dié nuus in ʼn video op sosiale media met aanhangers gedeel.

In die video vra Vaughan aan Ameline (2) waar haar babasussie is, waarna die kleinding na Nerine se magie wys.

Ameline is in Junie 2016 gebore. Die sanger het destyds aan Maroela Media vertel hul dogtertjie se naam is ʼn verbuiging van ʼn familienaam. “Ons het met die naam Ameline vorendag gekom deur die ander naam aan te pas. Françoise beteken ‘van Frankryk’, en ons het dit haar tweede naam gemaak omdat ons die eerste keer gehoor het hoe haar hart klop terwyl ons in Frankryk was.”

Die egpaar is in 2012 getroud en Nerine het in 2014 op agt weke swangerskap ʼn miskraam gehad.

Vaughan kon nie Saterdagoggend onmiddellik bereik word vir kommentaar nie. Hou Maroela Media dop vir meer.

Ameline en Nerine (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dubbel artikel ·

Hi MM. Lyk of julle 2 van dieselfde artikels geplaas het met nét verskillende opskrifte?

Cyril Blackburn ·

Dagsê Dubbel
Dankie vir jou kommentaar! Ons wou graag Vaughan se goeie nuus met Maroela-lesers deel in die eerste artikel, maar kon nie daarin slaag om die sanger telefonies te bereik nie. Toe ons hom wel later telefonies bereik het, het ons ʼn tweede artikel geplaas wat ʼn meer persoonlike vertelling en blik op dié nuus bied.
Lekker lees!
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.