Video: Stefan en sy Anelle se beloftes aan mekaar

Stefan en Anelle Ludik trou (Foto: Dune Kahlaue Fotografie)

Nadat hulle vroeër dié maand tydens ʼn sprokiestroue by Monte de Dios in Zwavelpoort anderkant Pretoria man en vrou geword het, het die glanspaartjie Stefan en Anelle Ludik nou hul amptelike trouvideo ook met aanhangers gedeel.

Die egpaar het hul troue vroeër as ʼn onvergeetlike geleentheid beskryf – van die kraakwit rok met die lang sluier tot die drielaagkoek het dié dag spesiaal gemaak.

Oor Anelle se rok, ʼn Simon Rademan-skepping, het sy ook op sosiale media gesê: “Simon, jy stap al vir amper drie jaar ʼn pad saam met my. Jy het een van die belangrikste dinge in ʼn bruid se lewe – haar rok – vir my een van die mooiste herinneringe gemaak. Vir alles en meer wat jy vir my gedoen het en beteken het sal ek vir jou dankbaar wees.”

Nou kry aanhangers dié week vir die eerste keer ʼn intieme blik op die egpaar se groot dag; van die bekende gaste in die kapel tot die egpaar se beloftes aan mekaar.

In die video lees Stefan sy belofte voor: “Anelle, my vrou. Ek weet nie wat ek gedoen het om jou te verdien nie. Ek weet nie hoekom God besluit het om my so te seën nie. Ek verstaan nie al sy planne en hoe die lewe werk nie, maar ek glo Hy het jou vir my geleen. Ek het vir iemand baie spesiaal gesoek, en toe kry ek meer as wat ek ooit kon vra.

“Jy is vir my mooier as die Namib, die see in my drome; jy is vir my mooier as ʼn mens. Met hierdie ring beloof ek: ek sal alles gee om jou veilig en gelukkig te hou. Ek het jou lief met alles wat ek is, my sielsgenoot, my engel, my lewe, my vrou. Ek weet nie wat ek gedoen het om jou te verdien nie, maar ek glo jy is my engel gestuur van Bo.

Anelle deel ook ʼn gedeelte van haar belofte met aanhangers: “Op een knieg in die sand by Langstrand se see het jy my gevra om jou vrou te wees en om jou vandag en al jou môres met jou te deel. Om saam met jou te droom en in vir altyd te glo. My lief, my lief, my engel: ja, ja, drie duisend miljoen keer ja. Ek het jou lief, my liefste lief. Gister, vandag en elke môre wat ons gegun word.”

Die video is deur McCrea Media vervaardig en word met vergunning van die vervaardiger op Maroela Media geplaas. Besoek McCrea Media se amptelike webwerf.

Lees ook: Foto’s: Stefan Ludik en sy Anelle haak af

Anelle & Stefan Ludik Wedding Trailer | McCrea Media

ANELLE & STEFAN LUDIK WEDDING TRAILER"Jy is die vuur wat hier binne my brand, jy's die doel in my lewe, ek's jou man. Jy's gestuur van bo"Anelle & Stefan said their vows infront of family and friends on this beautiful day at the stunning Monte de Dios venue. We were honored to be a part of their wedding day and we truly enjoyed every breathtaking moment. Just by the way Anelle & Stefan looks at each other, you can see that they are meant for each other. From our team, we wish them a happy life full of love and laughter.Venue – Monte de DiosDress – Simon Rademan Fashion Design StudioFlowers & Decor – Impeccable CreationsCake – Baker BoysMake-Up – Theola BooysenHair – Gary Rom HairdressingPhotographer – Dune Kahlau PhotographyVideography – McCrea Media#WeddingVideo #StefanLudk #AnelleLudik #Ludik #Bester #MonteDeDios #7deLaan #ElvisSeSeun #McCreaMedia #TopBilling #HuisgenootAnelle Ludik Stefan Ludik Top Billing Huisgenoot SABC 3

Posted by McCrea Media on Sunday, May 27, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wanda ·

Mooiste paartjie, ek so bly vir hom, hy en sy lyk so gelukkig! Hulle pas mooi bymekaar!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.