[Video] Steve en sy Romy-Lee se kaskar-kaskenades

‘n Skermskoot uit die video

Sy is skaars vyf maande oud, maar Steve en Janine Hofmeyr se klein Romy-Lee het Maandag reeds haar eerste kaskar-rit beleef.

Die sanger het Maandag op sosiale media vertel hy kan nie áltyd Janine se skoene volstaan nie – maar pa’s is gelukkig “daar vir ander goete”, soos om vir sy kleinding groot pret te verskaf in ʼn tuisgemaakte kartonboks-kaskar.

“Ons het ons eie kaskar gebou,” vertel Steve in die video voor hy en Romy-Lee met ʼn spoed “wegtrek”. Die sanger boots self die geluid van renmotors na voor hy sy vraag aan haar stel: “Wat sê jy daarvan, mejuffrou majesteit?”

Romy-Lee is op 19 Junie vanjaar gebore. Hofmeyr het kort daarna aan Maroela Media gesê hy en Janine is omtrent bewoë en het nog nie een oomblik ophou glimlag nie. Romy-Lee, die sanger se sesde kind, het volgens hom wéér sy lewe verander, nes elkeen van sy vyf ander kinders ook, het hy vertel.

Die sanger is vroeër verlede maand met ʼn toekenning bekroon nadat sy jongste album, Skree, goue status behaal het selfs nog voordat dit in winkels beskikbaar was. “Dit het jare laas met my gebeur dat vooraf-aankope die CD deur die goudmerkie (15 000) stuur voordat dit die winkels tref. Daar’s ’n mooi verwagting geskep vir die album, maar dit is ook die eerste keer in vyf jaar wat ek weer bietjie komponeer en skryf aan 13 spiksplinternuwe oorspronklike werke,” het die sanger voorheen aan Maroela Media vertel.

Steve en Janine is in Januarie 2014 getroud. Hofmeyr het vyf ander kinders: Charissa (28), Armand (26), Devon (22), Sebastian (14) en Benjamin (12).

Sy nuutste boek, Die onaantasbares, is ook nou op Amazon te koop.

Ek kan nie altyd help met borsvoed nie. Maar pa's is daar vir ander goete…

Posted by Steve Hofmeyr on Sunday, November 5, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ruby ·

Mamma se ogies, pragtig.

Ek het my niggie altyd so rondgetrek tot sy met ‘n knop op die kop en ek met brandboude gesit het hie hie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.