Video: Suzelle DIY se slim waterwenke

suzelle diy

‘n Skermgreep uit die video.

Dit is geen nuuswending dat die Kaap gebuk gaan onder erge droogte nie en die immergewilde selfdoen-guru Suzelle DIY het besluit dit is tyd om mense nóg meer waterbewus te maak deur ʼn paar slim wenke vir waterbesparing te deel.

Kapenaars word aangeraai om slegs 50 ℓ water daagliks per persoon te gebruik. Suzelle verduidelik onder meer hoe om dié 50 ℓ water sinvol en spaarsamig te benut.

Sy wys ook onder meer hoe om ʼn eenvoudige handreiniger met water en teeboomolie te maak en hoe om jou eie “wet wipes” te maak met witasyn en skottelgoedopwasmiddel. Sy demonstreer ook met ʼn Barbie-pop hoe om water te bespaar in ʼn emmer wanneer jy stort.

Sy raak soms streng met die kykers. “Ek probeer nie oulik wees nie, ouens. Vandag praat ek oor toilette!” sê Suzelle. “Almal behoort water te bespaar!”

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.