Video: Suzelle DIY se voetpompstasie vir handreinigers

(‘n Skermgreep uit die video.)

Suid-Afrika se eie doen-dit-self-foendie, Suzelle DIY, is terug met ʼn nuwe video waarin sy vir mense wys hoe om hulle teen Covid-19 te beskerm met ʼn handgemaakte voetpompstasie vir handreinigers.

“Ouens, ek weet wat julle almal dink: Suzelle, waar was jy? En tweedens: Suzelle, hoe hanteer jy die afsonderingstydperk? Wel, ouens, die een dag voel jy gelukkig en opgewonde, die volgende dag voel jy depressief, en die daaropvolgende dag voel dit of jy die virus het.

“Daarom wys ek jou in hierdie episode hoe om jou eie doen-dit-self-stasie vir jou handreinigers te maak sodat jy veilig en beskerm kan voel. Kyk na die video vir al my wenke en truuks,” het Suzelle gesê.

Kyk die video vir die projek hier:

Suzelle DIY het ook ʼn paar wenke vir die maak van jou eie gesigmaskers.

“Daar is ʼn gedrukte bandana-gesigmasker, ʼn herwinde denim-gesigmasker en ʼn kleurryke materiaal-gesigmasker,” verduidelik Suzelle.

Hier is haar wenke vir die dra van ʼn masker:

  • Moenie aan jou gesig vat nie.
  • Moenie met jou masker vroetel nie.
  • Was jou hande voor en nadat jy jou masker verwyder het.
  • Verwyder jou masker aan die bandjies.
  • Moenie jou masker met iemand deel nie.
  • Was jou masker met seep en water en laat dit in die son droog word.

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela Media, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.

Kyk die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rose ·

Suzelle diy is my gunsteling ‘youtuber’, eg Suid-Afrikaans soos boerewors, bunnychows en koeksisters.

Jax ·

Die oomblik wat ek haar hoor of sien, sit ek die TV na n ander kanaal of heeltemal af. Haar poging om vermaaklik en grappig te wees is flou en haar manier van praat is uiters irriterend.

JohanR ·

Stem saam Jax…..vind die vrou en haar stem irriterend. As iemand van die ANC of EFF op die tv verskyn dan verander ek van kanaal. As die vrou op tv verskyn dan verander ek van kanaal, of sit die klank af.

Mieke ·

Ag, sy sorg vir ‘n bietjie vermaak in vandag se êrnstige en moeilike lewe!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.