Video: Talle bekendes kyk hoe ‘7de Laan’-akteur jawoord vra

David Rees en Herculina Pens (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

Die 7de Laan-akteur David Rees en sy meisie, Herculina Pentz, gaan trou.

Die akteur het haar volgens ʼn inskrywing op sosiale media die afgelope naweek tydens sy 50ste verjaarsdagpartytjie by die Bosheuvel Country Estate in Muldersdrift die jawoord gevra.

Die amptelike Facebook-blad vir 7de Laan het dié geleentheid, wat deur onder andere Amor Vittone, André Lötter, Reynard Slabbert en Kevin Leo bygewoon is, op sosiale media uitgesaai.

Rees het gewag tot aan die einde van die aand en die formele verrigtinge voordat hy die groot vraag gevra het. “Sal jy my die eer aandoen om my vrou te wees?” het hy aan Herculina gevra, waarna sy instemmend “ja” geantwoord het.

Die akteur het sy verloofde ook verras met ʼn spesiale besoek van haar boetie wat sy volgens hom lank gelede gesien het. Meer as 5 000 kykers het ingeskakel om dié geleentheid regstreeks te kyk.

Rees is as Chris Welman in dié SABC 2-sepie te sien. Hy is veral bekend vir die rol van Niek Naudé van Egoli.

https://www.facebook.com/7deLaanAmptelik/videos/1616688768421295/

David Rees (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê HM

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Mike Kaapstad ·

n mens staan net voor God op jou knieë……………..

·

Mike-Kry jou vrou maar jammer. Jy laat my nou aan die EFF dink soos jy dit verdraai. Of meer soos die Fariseers, altyd fout soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.