[Video] TBF: ‘Koop geskenke betyds vanjaar,’ sê Rian

Rian-van-Heerden

Rian van Heerden. Foto: Facebook

“Maak seker jy koop jou Kersgeskenke betyds,” sê radio-omroeper en televisieaanbieder Rian van Heerden. “Ek praat van twee of drie weke voor die tyd.”

“Soos gewoonlik gaan die winkels stampvol wees nét voor Kersdag,” waarsku hy speels, “en ek gaan soos altyd uitstel tot heel laaste. Ek wil asseblief nie in rye staan nie,” verduidelik hy.

Rian bied elke weeksoggend die Complimentary Breakfast-program op Jacaranda FM aan. Hy is ook die aanbieder van die kykNET-program Op die spel.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.