[Video] TBF: Neels gesels oor liefde, samesyn, pyn tydens Kerstyd

Die akteur Neels van Jaarsveld. Foto: Neels van Jaarsveld via Facebook

Die akteur Neels van Jaarsveld. Foto: Neels van Jaarsveld via Facebook

“Kersfees is ʼn interessante tyd,” sê Neels van Jaarsveld. “Saam met al die liefde en samesyn is daar ook ʼn mate van pyn, maar dis okay.”

“Ek dink jy moet net eet soveel as jy kan en matig drink. En ʼn geskenkie is altyd nuttig,” glimlag hy. “Ek dink die grootste ding is mens moet net lief wees vir jou medemens en gehaltetyd saam met jou familie deurbring.”

Neels het die rol van João Silva vertolk in die Hollywood-rolprent The Bang Bang Club teenoor sterre soos Ryan Phillippe en Malin Akerman. Hy is ook meer onlangs te sien in die Afrikaanse flieks Knysna, Die Pro en meer onlangs ʼn Man soos my pa. Binnelanders-kykers sal hom ook herken as dokter Gideon Basson.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

Kyk hier onder na Neels se boodskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.