Video: TikTok se goue paartjie se ‘unieke belofte’

Chané Grobler en haar kêrel, KingBerto, oftewel Robbie de Gouveia. (Foto: Verskaf)

Roberto (Robbie) de Gouveia, of KingBerto soos hy op sosiale media bekend staan, het Maandag sy meisie, die TikTok-ster Chané Grobler, verras met ʼn beloftering.

Die paartjie, wat gereeld besonderhede oor hul verhouding met hulle miljoene gedeelte TikTok-volgelinge deel, het ook ʼn video van die jongste mylpaal in hul verhouding gedeel.

Chané is ʼn inhoudskepper, handelsmerkverteenwoordiger en sosialemediabeïnvloeder, met meer as 2,4 miljoen aanhangers op TikTok (@chanegrobler) en bykans 96 000 volgelinge op Instagram (chane_grobler18). Sy is tans een van die mees gesogte TikTok-beïnvloeders in die land.

KingBerto het 1,1 miljoen volgelinge op TikTok (@k1ngbert0) en bykans 47 000 op Instagram (@k1ngbert0). Hy is ook ʼn inhoudskepper en handelsmerkverteenwoordiger en het al saam met groot plaaslike en internasionale maatskappye aan bemarkingsprojekte gewerk.

“Chané is ʼn ongelooflike vrou en ek het al baie vir haar gesê dat sy die een is met wie ek eendag wil trou. Hierdie [geskenk] is ʼn simbool van daardie belofte wat sy by haar kan dra en wat haar aan my kan herinner wanneer ons nie saam is nie,” verklap KingBerto (26).

ʼn Niksvermoedende Chané (20) was absoluut mal oor haar geskenk. “Dit beteken die wêreld vir my, omdat dit wys dat hy net so toegewyd is aan ons verhouding soos ek en dit bedoel wanneer hy sê dat hy vir altyd saam met my wil wees. Dit wys my dat sy liefde opreg en eg is,” sê sy.

KingBerto het ʼn ring met ʼn unieke moissanietsteen gekies. “Ek het van hierdie tipe stene te hore gekom en toe ek begin navorsing doen, het ek ontdek dat dit nie net meer skitter nie, maar ook omgewingsvriendelik is.”

Volgens Chané is sy mal oor die feit dat die ring nie te groot is nie. “Ek hou van goue juwele, omdat dit elegant en gesofistikeerd is. Hierdie ring is pragtig en ek is mal oor die feit dat dit klein en delikaat is, omdat dit my persoonlikheid weerspieël.”

Kyk hier na Chané se reaksie op KingBerto se verrassing:

@k1ngbert0

I promise to love you forever @chanegrobler ????????a big thankyou to @southernstargems for helping me make this happen ????????#southernstargems #promisering

♬ original sound – KingBerto

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.