Video: Vierde kind op pad vir glanspaartjie

Die Winckler gesin word ‘n boetie of sussie ryker (Foto: Instagram)

Die bekende sanger Heinz Winckler en sy vrou, Alette-Johanni, het aangekondig dat hulle nog ʼn pienkvoet ryker gaan word.

Dié egpaar wat in 2006 getrou het, het reeds drie seuns, Lian (9), Simeon (7) en Reuben (5). Simeon en Reuben hoop glo dié nuweling in die familie is ʼn dogtertjie.

Winckler het aan Maroela Media gesê Alette is agt weke swanger, maar dat hy al sowat vier weke lank daarvan weet.

“Sy het my verras en vir my die stokkie gewys wat bevestig dat sy swanger is. Ek en die seuns het ʼn oomblik van uitfreak gehad, maar ons is verskriklik bly en opgewonde daaroor,” sê Winckler.

Alette en Heinz wou eers by ʼn dokter uitkom voordat hulle die nuus op sosiale media deel, hoewel hul familie reeds geweet het. Toe hulle Donderdag by die dokter uitkom en ʼn gesonde hartklop hoor, kon hulle hulself nie meer inhou nie.

“Alette kan ook nie meer vir baie lank haar boepie wegsteek nie. Sy sal eerder wil hê dat mense weet sy is swanger as wat hulle dink sy tel so baie gewig op,” sê Winckler.

Alette het al voor hul eerste seun ʼn miskraam gehad, so dié paartjie is nie onbewus van moontlike komplikasies nie.

“Ons het net besluit ons gaan die nuus bekend maak en ons geloof in die Here plaas dat Hy vir ons ʼn gesonde, perfekte baba sal gee. Ons stap die pad saam met die Here en ons vertrou dat Hy die baba veilig gaan hou.”

Alette het op haar beurt ʼn plasing op Instagram gemaak waarin sy skryf dat hulle nog altyd vier kinders wou gehad het, maar ná die drie seuns nie eintlik gedink het hulle gaan nog kinders hê nie.

“In my kop was ons klaar, maar in my hart het ek geweet dit is in ons lewe ingeskryf om vier kinders te hê. Hierdie baba gaan twee weke voor my 40ste verjaarsdag kom, praat van ʼn oorstoot-drie in beseringstyd!” spot sy.

Heinz en sy drie seuns, Lian, Simeon en Reuben (Foto: Instagram)

Winckler het gesê dat hulle nog altyd ʼn prentjie in hul koppe gehad het van hul gesin met vier kinders. “Ons is baie dankbaar en hierdie baba kom werklik uit die Here se hand,” sê hy.

En hoop hulle nou vir ʼn sussie ná die drie seuns? “Ja, ons sal baie dankbaar wees vir ʼn dogtertjie. Simeon en Reuben bid nou al twee jaar lank vir ʼn sussie. Maar ons sal dit eers oor so tien weke kan vasstel,” sê Winckler.

Volgens Winckler gaan dit goed met Alette se swangerskap, en haar hantering van dié swangerskap is dalk ook vir hulle ʼn teken van die geslag van die baba.

“Sy het darem nog nooit oggendnaarheid gehad nie, maar raak so teen middagtyd baie moeg. Sy sê sy voel goed en is bly sy raak nie lus vir ongesonde kosse nie; sy is eintlik net lus vir gesonde kos met dié swangerskap.

“Dit is iets wat ons laat dink die geslag van die baba is dalk dié keer anders, want met die vorige swangerskappe was dit nie die geval nie,” sê Winckler.

When I wore THAT outfit, with That particular laugh… it was right after I took the pregnancy test from my bag in @h&m at the V&A waterfront whilst shopping with my students… my husband and kids joined us for lunch soon after❤️

Posted by Aletté Winckler on Thursday, June 13, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Antoinette ·

Baie geluk met die groot nuus. Party mense se families groei ander mense weet nie waar more se kos vandaan gaan kom nie

AndreD ·

Vier kinders? Meneer…… oor 10 jaar gaan jy ander deentjie sing en nie meer lag nie. Hoop jou geld sake is reg…….

Sandra ·

Baie geluk aan die Winckler gesinnetjie, mag die Here julle ryklik seën. Vir te lank, is
gesinne net tot twee kindertjies beperk.

Cathy ·

Wat ‘n blessing! :) Ek wens hulle net blessings toe!! en ja kinders is duur maar elke ou babatjie is beplan!!

Rina Kotze ·

Veels geluk Julle!

Hoop vir julle ‘n ou dogertjie en sussie vir die boeties, maar maak nie saak nie, solank die babatjie gesond is.

En as mens meer as 2 kinders kan hê, hoekom nie???

Seënwense vir julle!

Hallelujah ·

Heinz en Alette – mag julle net geseend wees – drie seuntjies – kom nou doggertjie kom. Ons hou duim vas en bid.

Valerie ·

Wat op aarde is ‘n “glanspaartjie” en wie bepaal dit?

Robert ·

Valerie die media het hulle eie troetelwoordjies vir sekere goed en dis een van hulle

Catherine ·

Ek is saam met jul opgewonde. Ons het 4 kinders. Vandag is hulle almal ouers. Die lewe gaan nie oor geld nie. Wel oor geluk en vrede. Maak jul kinders in die vrese van die Here groot soos jul doen, en hul sal jul net vreugde gee. Baie geluk .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.