Video: Wend só jou grimering mooi én maklik aan

LIzel van der Westhuizen demonstreer maklike grimeertegnieke. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Die idee van ʼn vol gesig grimering aanwend klink dalk vir dié van ons wat nie tussen ʼn grimeerkwas en verfkwas kan onderskei nie na ʼn reusetaak.

Maar met die hulp van Lizel van der Westhuizen, eienaar van Full Circle Image Consulting, sal jy soggens jou grimering mooi én maklik kan aanwend, selfs al is jy nie die koningin van kontoere nie.

In die laaste episode van Maroela Media en Van der Westhuizen se wintermode-videoreeks demonstreer sy maklike grimeerwenke stap vir stap, insluitend hoe sekere grimeerprodukte veelsydig gebruik kan word, watter kleur oogskadu verskillende oë die beste komplementeer en waarom dit die moeite werd om in ʼn goeie basislaag (“primer”) te belê.

  • Kyk na die video onderaan die berig.
  • Kyk na die eerste episode waarin Lizel haar vyf topitems lys vir dié wat vanjaar in die allernuutste wintermodes wil pronk.
  • Kyk na die tweede episode waarin sy die vyf sleutelitems deel wat sal verseker dat jy met min inkopies optimale mode-opsies hierdie winter het.
  • Kyk na episode drie waarin sy wys hoe jy someritems in die winter kan benut.
  • Kyk na episode vier waarin sy verduidelik waarom gehalte én hoeveelheid kopies elkeen sy plek het.
  • Kyk na episode vyf waarin sy haar topwenke deel om jou klerekas met min moeite te verklein.
  • Besoek Lizel se webwerf of volg haar op Facebook en Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.