Vierde baba vir Winckler-gesin gebore

(Foto: Instagram)

Heinz en Alette-Johanni Winckler se eerste babadogtertjie is Vrydagoggend gebore.

Die paartjie het reeds drie seuns, Lian (9), Simeon (7) en Reuben (5). Hulle het Vrydagoggend die nuus op sosiale media bevestig.

“Dit was vinnig. Dit was seer. Dit was bonatuurlik. Ons het ʼn dogter!” het Alette op haar Instagram geskryf.

Dié babadogtertjie se naam is Alannah Elize Winckler en sy is om 05:20 gebore. Sy weeg 4,04 kg en is 55 cm lank.

“Sy is perfek en ons is ongelooflik dankbaar aan God en almal wat vir ons gebid, ondersteun en liefgehad het deur dié tyd,” skryf Alette.

Die Winckler gesin (Foto: Instagram)

Heinz en Alette het in Junie verlede jaar aangekondig dat hulle ’n baba verwag.

Alette het vroeër vertel dat sy nog altyd vier kinders wou hê, maar dat hulle ná die drie seuns nie gedink het hulle sal nog ʼn kind kry nie.

“In my kop was ons klaar, maar in my hart het ek geweet dit is in ons lewe ingeskryf om vier kinders te hê,” het sy gesê.

Heinz het gesê hulle het nog altyd ʼn prentjie in hul koppe gehad van hul gesin met vier kinders. “Ons is baie dankbaar, hierdie baba kom werklik uit die Here se hand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Weskusnooi ·

Baie geluk Heinz en Alette en seuns!
Ja, so kom en bederf Vader ons soms so onverwags!
Baie dankbaar saam met julle dat alles goed afgeloop het!
Mag Alannah vir julle almal baie vreugde bring!

Claudia ·

Wat beteken jou boodskap susan:-) Baie geluk en blessings aan die Winkler gesin.

Se maar Net ·

Baie geluk met julle pienkvoet….maar o wee daai naam.
Sy gaan nou seker LALA of HALA of WATOOKAL genoem word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.