
Graeme het die groot vraag gevra. (Foto: Instagram)
Die voormalige Protea-krieketkaptein, Graeme Smith, het ʼn ring aan sy meisie, Romy Lanfranchi, se vinger gesteek.
Smith het dié nuus op sy Instagram-profiel bekend gemaak met ʼn foto waar Lanfranchi met haar verloofring spog. “About last night,” het hy by die foto geskryf.
Die paartjie het een kind, ʼn seun, wat in 2016 gebore is. Lanfranchi is ʼn prokureur.
Smith het ook ʼn dogter, Cadence Christine Smith, wat in 2012 gebore is en ʼn seun, Carter McMorrin Smith, wat in 2013 gebore is. Die kinders is gebore uit sy huwelik met die Ierse sangeres, Morgan Deane. Smith en Deane is in 2014 geskei.
Smith het ook in 2014 sy uittrede uit professionele krieket aangekondig.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
In namakwaland noem hul dit mooi gestel speulsgeid. Jy kan nie jou geluk op ander se ongeluk bou nie
Sy is beeldskoon! Mag hulle sommer baie gelukkig wees! Soms kry jy jou pot se deksel eers met die tweede (of derde) probeerslag.
Sy kan beter doen. TE lang geskiedenis !!!!!!! Vat die hasepad sussie.
Sy eks-vrou het hom verlaat oor sy selfvoldaanheid. Blykbaar kon hy nie die opening van selfs ‘n koevert misloop nie om gesien te word.
hy het darem gewoonlik beter gekolf in die 2de ‘innings’