Die Afrikaanse sanger Adam Barnard is hoopvol dat hy binnekort ʼn nieroorplanting kan ondergaan terwyl ʼn moontlike skenker tans verskeie geskiktheidstoetse ondergaan.
Louis Barnard, die sanger se pa, het Donderdag aan Maroela Media vertel die skenker, ʼn vriend van die sanger, moet nog talle voorbereidingstoetse ondergaan, maar alle tekens dui in dié stadium daarop dat die skenker se nier geskik sal wees.
Volgens Louis was sy seun nié op ʼn skenkerlys nie, maar die vriend het glo self vorendag gekom en het aanvanklik positief getoets.
Die sanger sou in April vanjaar ook voorbereiding vir ʼn nieroorplanting ondergaan, maar sy gesondheidstoetstand was volgens mediese personeel nie goed genoeg vir ʼn oorplanting nie.
Adam ly aan die neuropatie-sindroom wat gekenmerk word deur die verlies van gevoel in ledemate, soos die hande. Hy ontvang al ʼn geruime tyd hemodialise-behandelings op Potchefstroom in die hoop dat sy gesondheid sal verbeter. Die enigste genesing vir dié toestand is ʼn suksesvolle nieroorplanting.
“Hy was vroeër vanjaar baie siek gewees – dermate dat hy nie die oorplanting kon kry nie,” vertel Louis. “Hy was in ʼn stadium permanent in die rolstoel of moes met die loopraam loop. Hy kry steeds die dialise, maar dit gaan baie beter met hom. Hy gebruik nou net soms die rolstoel en die loopraam en sy gesondheid lyk in hierdie stadium baie positief.”
Volgens hom sal die skenker ʼn langdurige keurproses van minstens drie maande moet ondergaan voordat die sanger sal kan weet of ʼn operasie wel moontlik sal wees. Sy gesondheid sal ook nog moet verbeter.
“Ons glo dat dinge dié keer goed sal gaan. Hy is nog nie 100% nie, maar hy kan nou sy hande beweeg, kort afstande loop en ander klein dingetjies doen. Ons bid en glo dat die Here in die bres sal tree en die paaie gelyk sal maak.”
Adam, ʼn voormalige lid van die musiekgroep Romanz, se oudgroeplede het in Julie vanjaar weer vir een optrede byeengekom om geld vir die sanger se behandeling in te samel. Meer as 4 500 mense het die geleentheid bygewoon.
Lees alle vorige berigte oor Adam Barnard op Maroela Media.
Vasbyt Adam, ons God is groot
Voorspoed aan Adam en sy vriend. Alle eer aan God!
Indien 4500 mense bymekaar gekom het om musiek te luister, en ‘n bedrag van R20 000 is aan Adam geskenk, beteken dit dat R4,44 per persoon ingesamel is. Ag nee, ek dink ons kan beter. . Kan ons nie ‘n vonds vir Adam stig nie stig nie. R100 x 4500 = R450 000!
SKARE Befondsing, enigiemand??!! Komaan, wie gaan dit vir Adam aan die gang sit?
Dagsê Ingels Man
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die feitefout in dié berig. Die R22 000 wat ingesamel is, is geld van ʼn liefdadigheidsgeleentheid, ʼn gholfdag, wat onlangs gehou is, en nié die konsert nie.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media
Baie dankie aan die vriend wat sy nier wil skenk, jy is n ware held en het werklik n baie goeie hart.
Hierdie einste website is n goeie platform om skarebefondsing te reguleer. Dalk kan Maroela daaraan dink om skarebefondsing hier te doen. Hulle kan gekeurde mense wat hulp nodig het hier plaas, en opvolg dat die fondse reg aangewend was met hulp van Helpende hand.
Kon die gebruik van die saal die res van die inkomste wat per kaartjie gegenereer is opgeneem het? Die ander sangers ( Juanita) het dan gratis opgetree? R20 000 is ‘n skamele bedrag vir dit wat uit die aand se opbrengste.
Net R2000? Dis tog seker nie moontlik nie? Was self daar en ons kaartjies was meer ad R100 elk. Daar was n rekeningnommer verskaf en baie mense het elektronies geld oorgeplaas. Iemand wat weet, verduidelik asb. Dalk is een nul per ongeluk weggelaat?
Dagsê Tina
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die feitefout in dié berig. Die R22 000 wat ingesamel is, is geld van ʼn liefdadigheidsgeleentheid, ʼn gholfdag, wat onlangs gehou is, en nié die konsert nie.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media
Skuus maar iemand sal moet help? As daar 4500 mensen was wat elk R100 betaal het dan is daar n inkomsten van R450 000 via die aan. As algal vernier opgetree heten die klanktoerusting was R25 000. Waar is die rente geld heen? As daar dan nog verdere skenkings was is hier mos meer as net n groot grap gemaak van almaar wat wou help?
Is ek nou heel verkeerd? Kan iemand via ons meer detail gee? Was die kaartjes verniet en het mensen roerig net R10 elk gelee??
Dagsê Pieter
Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die feitefout in dié berig. Die R22 000 wat ingesamel is, is geld van ʼn liefdadigheidsgeleentheid, ʼn gholfdag, wat onlangs gehou is, en nié die konsert nie.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media
Dagsê lesers
Dankie vir jul elkeen se kommentaar! Ons vra om verskoning vir die feitefout in dié berig. Die R22 000 wat ingesamel is, is geld van ʼn liefdadigheidsgeleentheid, ʼn gholfdag, wat onlangs gehou is, en nié die konsert nie.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media