‘Vroeë Kersgeskenk’ vir SA skoonheid

candice-swanepoel-

Candice Swanepoel wys haar magie. (Foto: Instagram/Candice Swanepoel)

Die Suid-Afrikaanse supermodel Candice Swanepoel het op sosiale media aangekondig dat sy swanger is met haar tweede kind.

Sy het in Oktober verlede jaar geboorte geskenk aan haar en haar lewensmaat, Hermann Nicoli, se eersteling, hul seun, Anacã.

Swanepoel (27) het ʼn foto van haar magie op Instagram gedeel. “Kersfees het vroeg gekom,” het sy geskryf.

Swanepoel, wat in Mooirivier in KwaZulu-Natal gebore is, is veral bekend as ʼn onderkleremodel vir Victoria’s Secret. Sy is op die ouderdom van 15 deur ʼn modeltalentsoeker in Durban ontdek en het sedertdien ʼn hoogs suksesvolle modelloopbaan opgebou. Sy woon tans in New York in die VSA.

Swanepoel se goeie modelvriendin, die Namibiese skoonheid Behati Prinsloo, het in September aangekondig sy en haar man, die Amerikaanse sanger Adam Levine, ook hul tweede kind verwag. Hul dogtertjie, Dusty Rose, is in September verlede jaar gebore.

Prinsloo het op Swanepoel se Instagram-inskrywing skertsend kommentaar gelewer: “Hier gaan ons alweer.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.