Wat is op ‘n miljardêr se emmerlysie?

Foto: blogs-images.forbes.com

Richard Branson. Foto: blogs-images.forbes.com

Die sakemagnaat en filantroop Richard Branson is nie bang vir uitdagings nie en is veral daarvoor bekend dat hy graag alle grense te verskuif, hetsy in sake of wanneer dit by reis en avontuur kom.

Virgin se grootbaas het in ʼn bloginskrywing op Virgin se webtuiste oor emmerlysies geskryf hy dink almal moet vir hulself uitdagings stel.

“Ek glo met my hele hart almal moet ʼn emmerlysie hê en dan alles moet doen om dit ʼn werklikheid te maak. Moet net nie die emmer skop in die proses nie!” skerts hy.

Branson het al talle uitdagings vir homself gestel: van uitmergelende wedlope tot seevaarte oor die oseaan en lugballonrenne oor lang afstande. Dié miljardêr is selfs in die proses om op ʼn ruimtevaart te gaan. So wat is volgende op Branson se emmerlysie?

“Ek wil nog baie graag Machu Picchu besoek. Ek is in verwondering oor dié Unesco Wêrelderfenisterrein. Ek is bevoorreg om al voet op al sewe kontinente te kon sit, om soveel kulture te beleef en wonderlike mense te ontmoet, maar ek was nog nooit so gelukkig om die Inca-staproete te stap nie. Miskien moet ons dit ʼn volgende uitdaging vir die gesin maak,” skryf Branson.

Dié uitdaging klink darem doenbaar, maar as dit by Richard Branson kom, weet mens nooit nie. Hy besluit dalk om dit kaalvoet te doen en dan met ʼn valskerm weer af te spring…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Juan ·

Sy grootste doelwit is egter om nasionalisme van die aardbol af te vee en dit met globalisme te vervang soos sy histeriese aanvalle op Trump bewys en sy onnatuurlike bewondering vir Hillary & Obama getuig. Mnr Branson is verseker nie die gewone man op straat se vriend nie.

Valerie ·

In die kol, Juan. Die ou is ‘n glibberige kalant wat nie vertrou kan word nie. En hy is ‘n duidelike “New Ager.” Onthou nog sy platemaatskappy “Virgin Records”? Gaan kyk maar wie en wat alles daardeur gekom het. Ek gril tot vandag toe. En almal weet dat met sy gebruik van “Virgin” het die meneer maar net die teenoorgetselde bedoel.
Ek is glad nie gepla oor sy “doen-dit-voor-ek-dooi” lysie nie, en sien glad nie die belangrikheid daarin nie. Soos Lee-anne hieronder sê: “Kry die kinders net deur matriek.” Ja, soos gewone mense.

Gwen ·

Julle bedoel seker kluitklaplys? Emmerlys werk nie lekker nie.

Lee-anne ·

ja wel, geld is verseker nie sy probleem nie. Wat is op my lysie? kry die kinders net deur matriek…

Elize ·

Dit is so dat geld nie by hom n probleem is nie.ek het dalk ook hier in my kop n emmerlysie.maar ek kan nerens begin.want alles vra geld. Bly hy kan sy emmerlysie aftick.one by one.

vermeende ·

Hy is ook al lank in die tand, miskien moet Christen word bo aan die lysie wees………..net n voorstel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.