Wayde van Niekerk in VSA geopereer

Wayde van Niekerk  (Foto: @WaydeDreamer, Twitter)

Wayde van Niekerk sal nie aan die 2018 Statebondspele deelneem nie, omdat hy ʼn kniebesering opgedoen het.

Die atleet se bestuurspan het in ʼn verklaring gesê Van Niekerk het die besering in Kaapstad opgedoen tydens ʼn onlangse vriendskaplike raakrugby-wedstryd met bekendes. Van Niekerk is tans in die VSA waar hy ʼn knie-operasie by die Steadman Clinic in Vail, Colorado, sal ondergaan.

“Ná die operasie sal hy vir ses maande in Vail, Doha en Suid-Afrika rehabilitasie ontvang, en sal hy dus nie beskikbaar wees om Suid-Afrika in April in 2018 se Statebondspele in Australië te verteenwoordig nie.”

Van Niekerk het gesê die tydsberekening van sy besering is ’n jammerte.

“Ek het baie uitgesien daarna om aan die 100 m en 200 m deel te neem by die Statebondspele sowel as aan die nasionale kampioenskappe in Maart,” het hy in die verklaring gesê.

“Maar dit is hoe sport is, en hierdie goed gebeur. Ek vertrou dat die span wat ek by my het, insluitend die mediese personeel, sal sorg dat die proses glad verloop.”

Van Niekerk het hierdie nuus ook op Twitter bekend gemaak. “Baie dankie aan almal vir die mooi wense! Ek is hartseer om aan te kondig dat ek vir ’n tydjie van die baan af sal wees. Ek sal sterk terugkom!” het hy geskryf.

“Ek vertrou, as dit God se wil is, dat ek later volgende jaar weer sal kan hardloop. Volle herstel is noodsaaklik, so ek sal geduldig wees, maar ek sal ook hard werk sodat ek so vinnig as moontlik terug kan keer na die atletiekbaan.”

Maroela Media het vroeër die week berig dat Van Niekerk en sy vriendin, Chesney Cambell, onlangs getrou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leeu ·

Vertrou nie sy eie mense in sy eie land om aan hom te werk nie. Nie dat ek hom kwalik neem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.