Wêreld se hoogs betaalde akteurs bekendgemaak

George Clooney. Foto: Willy Sanjuan/Invision/AP, File

George Clooney het dalk nie onlangs ʼn treffer by die loket gehad nie maar sy beursie het dit skynbaar nie agtergekom nie.

Volgens Forbes se lys van die wêreld se hoogs betaalde akteurs is die 57-jarige heel bo aan die lys nadat hy $239 miljoen tussen 1 Junie 2017 en 1 Junie 2018 verdien het. Clooney het saam met ander vennote Casamigos Tequila besit wat verlede jaar vir $1 miljard gekoop is.

Dwayne ‘The Rock’ Johnson is tweede op die lys met die $124 miljoen wat hy verdien het. Hy het reusebedrae verdien vir sy rolle in rolprente soos Jumanji: Welcome to the Jungle. Sy groot aantal volgelinge op sosiale media help hom ook om sewesyferbedrae te vra vir rolprente.

Robert Downey Jr. Is derde op die lys met die $81 miljoen wat hy verdien het. Hy maak steeds groot geld met die Iron Man- en Avengers-rolprente.

Die wêreld se tien hoogs betaalde akteurs het gesamentlik $748,5 miljoen verdien tussen 1 Junie 2017 en 1 Junie 2018 voor fooie en belasting.

Dwayne Johnson. Foto: Evan Agostini/Invision/AP, File

Só lyk die res van die lys:

  1. Chris Hemsworth – $64,5 miljoen
  2. Jackie Chan – $45,5 miljoen
  3. Will Smith – $42 miljoen
  4. Akshay Kumar – $40,5 miljoen
  5. Adam Sandler – $39,5 miljoen
  6. Salman Khan – $38,5 miljoen
  7. Chris Evans – $34 miljoen

 

Klik hier om die lys van hoogs betaalde aktrises te sien.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.