Boer soek ʼn vrou: Hiér is vanjaar se boere

Die sanger en aktrise Leah is die aanbieder van die elfde seisoen van die gewilde werklikheidsreeks Boer soek ʼn Vrou. Foto: Instagram

kykNET het Sondag die tien boere aangekondig wat aan die elfde seisoen van die gewilde werklikheidsreeks Boer soek ʼn Vrou gaan deelneem, en vanjaar pronk daar nes verlede jaar een dame saam met die manne onder die tien boere.

Verlede jaar het die reeks ’n dekade op televisie gevier en ’n goeie oes van liefde opgelewer toe vyf van die top-tien boere weens hul deelname aan Boer Soek ’n Vrou liefde gevind het.

Die boere in die komende reeks wissel tussen 23 en 36 jaar oud en ses van dié boere kom uit die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Limpopo.

Diegene wat die boere beter wil leer ken en inskryf, het nou kans om dit te doen. Inskrywings kan deur kykNET se webtuiste gedoen word of deur ʼn e-pos te stuur na [email protected]. Persone wat wil inskryf, kan ook 079 335 5137 skakel om dit te doen.

Indien daar ʼn boer is wat jou oog vang, het jy kans tot 20 April om in te skryf.

Kykers sal vanaf Oktober die vyf boere wat die meeste briewe ontvang se liefdesreis op kykNET kan volg. Die reeks spog vanjaar ook met die sanger en aktrise Leah as die splinternuwe aanbieder.

Hiér is vanjaar se boere:

Boer: Byron (28)
Hidroponiese boerdery in Kraaifontein in die Wes-Kaap

Boer Byron is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. Foto: Verskaf deur kykNET

Boer: Johan (30)
Beesboerdery in Reivilo in Noordwes

Boer Johan is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. Foto: Verskaf deur kykNET

Boer: André (35)
Skaap- en angorabokboerdery in Colesberg in die Noord-Kaap

Boer André is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. Foto: Verskaf deur kykNET

Boer: Rèan (26)
Wingerd- en pekanneutboerdery in Groblershoop in die Noord-Kaap

Boer Rèan is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. Foto: Verskaf deur kykNET

Boer: Toanette (23)
Wildboerdery in Modimolle in Limpopo

Boer Toanette is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. Foto: Verskaf deur kykNET

Boer: Schalk (26)
Eksotiese wild- en wildboerdery in Vaalwater in Limpopo

Boer Schalk is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. Foto: Verskaf deur kykNET

Boer: Cassie (28)
Saai- en beesboerdery in Elandslaagte in KwaZulu-Natal

Boer Cassie is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. Foto: Verskaf deur kykNET

Boer: Duncan (36)
Beesboerdery in Verkykerskop in die Vrystaat

Boer Duncan is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. Foto: Verskaf deur kykNET

Boer: Marx (24)
Skaap- en beesboerdery in Barkly-Oos in die Oos-Kaap

Boer Marx is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. Foto: Verskaf deur kykNET

Boer: Frikkie (28)
Wildboerdery in Paterson in die Oos-Kaap

Boer Frikkie is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. Foto: Verskaf deur kykNET

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

johan ·

Mag swart boere ook aan die program deelneem ? Vra maar net.

Ellisras ·

Dankie tog dat ons almal wat Afrikaans is in die program kan akkomodeer. Hoe meer siele hoe meer vreugde. En wat die dame betref. Ek dink sy moet outomaties deurgaan na top 5.

TOPPIE ·

johan, ek glo so, en boonop sal dit baie interessant wees om n slag bietjie afwisseling te sien.

Droomvrou ·

Boer Toanette met ń wildsplaas( as dit haar plaas is) klink soos ń droomvrou. Of die boere om haar weet niks van vroue nie, of sy het ń baie kwaai pa. In ons familie is dit gewoontlik die pa wat jy moet dophou, nie die boerboel hond in die tuin nie. Sterkte aan al die boere! Droogtes, stakings, grondhervoriming en nou nog vrouens ook.

Amy ·

Daar is niks meer vir ons ouer generasies nie, dis deesdae almeer net vir universiteitsmeisies. Gaan nie meer kyk nie.

Daan Erasmus ·

En soos altyd sal die suurknolle met ons wees. Die is vermaak. Moet asb nie ‘n hartaanval kry net omdat jy nie 100% van dit hou nie.
Verbeel ek my of is die kenwysie afgeskaal?

Muis ·

Klompie oulike boere en boerin op die nuwe reeks! As die pragtige boerin baie briewe kry wonder ek nogal hoe dit sal werk as die outjies plaas toe genooi word? Sal hulle ook presentjies op die beddens kry? ?‘n Klomp outjies wat meeding vir dieselfde dame gaan verseker die tonge los maak! Hierdie reeks gaan baie vermaak verskaf!

Rienie ·

Sal dit nie oulik wees as boer Toanette en boer Schalk by mekaar kan uit kom nie. Altwee boer met wild en in dieselfde omgewing. Ai ek dink hulle sal n oulike paartjie uitmaak.

Laurinda ·

Gelukkig is daar nie weer een met ‘n rioolplaas soos die vorige episode nie. Bly hulle gee die jonges ‘n kans, die oumense het hulle tyd in die son gehad.

VanAfrika ·

Solank ons nie weer een het wat laat is vir n ontbyt wat baie belangrik was nie en wat huil oor alles nie en wat dink dat vrouens in n konsentrasie kamp bly op sy plaas omdat sy, volgens hom, een drankie te veel gehad het. Verder is ek bly vir hierdie boere om liefde te vind omdat hulle so ge-issoleer is van die samelewing. Mag hulle almal n lewensmaat kry en dat God absolute veiligheid oor hulle en hul grong bring. Dankie julle boere, vir wat julle vir ons doen. Julle is konstant in my gedagtes en gebede. Mag hierdie program vir altyd op tv wees sodat ons boere almal n maatjie kan kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.