De Wildt Vori-Berg fees

12-13 Augustus 2011

Dié van julle wat laas jaar by die fees was, sal weet dat die 2010 fees propvol gedruk was van heerlike vermaak en fantastiese aktiwiteite. Dan praat ons nie eens van die goed wat in die mark beskikbaar was nie. Wie kan die oudhede vergeet, of die heerlike vars groente, die mooiste tuisgemaakte goedere! Om die waarheid te sê, heeltemal te veel om hier op te noem. Nou, stel julle self voor, al verlede jaar se pret is net ’n kwart van wat hierdie jaar beplan word. Vir die fiksheidsliefhebbers is daar die Bergfietswedren. Die kroning van die Koning, Koningin, Prins en Prinses van De Wildt is groter en beter hierdie jaar. Die veiling word oopgestel vir enige een wat iets wil laat opveil, klein of groot.

Die absail-toring staan gereed vir dié wat genoeg waagmoed het. Daar is reeds `n paar gaskunstenaars bevestig vir die fees. Behalwe die konsert op Vrydagaand, sal die gaskunstenaars ook deur die loop van Saterdag optree op twee verhoë in die feesterrein.

De Wildt is ’n landelike gebied aan die Noordekant van die Magaliesberg. Dit strek van net buite die stedelike woonbuurte wes van Pretoria-Noord tot by die Zilkaatsnekpas. Die naam De Wildt kom van die ingenieur wat met die treinspooraanleg deur hierdie gebied gemoeid was en na wie die treinstasie vernoem is.

Die De Wildt Nuus is ‘n kontreiblad wat elke twee maande verskyn en vir almal die plaaslike nuus en baie ander wetenswaardighede versprei. Adverteerders maak die blad moontlik.

De Wildt is ideaal vir ‘n familie wegbreek met ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite vir elkeen se smaak.

Die De Wildt Vori-berg Fees word deur die De Wildt Helpmekaar Maatskappy (vereniging ingelyf kragtens artikel 21) aangebied.

Posbus 161
De Wildt
0251

Afrit 129
R513 (Britspad)
Wildebeesthoek
De Wildt

Tel: 012 504 2162
of 071 526 6176
en 079 201 0230

Faks no: 086 743 3993

Besoek hulle webtuiste hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.