“As ek reg onthou” – Deon Opperman wys sy staal by Aardklop

Louis van Niekerk en Brümilda van Rensburg in Deon Opperman se stuk, "As ek reg onthou" Foto: Facebook

Louis van Niekerk en Brümilda van Rensburg in Deon Opperman se stuk, “As ek reg onthou” Foto: Nerize Raath, Facebook

Twee van Suid-Afrika se beste akteurs, een verhoog, een uitstekende draaiboek maak van “As ek reg onthou” een van die móét sien-stukke by vanjaar se Clover Aardklop-kunstefees.

‘n Beroemde verhoogakteur (gespeel deur Louis van Niekerk) en ewe beroemde sepie-aktrise (Brümilda van Rensburg), albei afgetree, bevind hulself in dieselfde aftreeoord.

Die teks herinner jou dat elke persoon die beste moet maak van dit wat jy het. Dis ‘n stuk onthou, dis ‘n stuk herinner, dis ‘n blootstelling van wie jy is, en die eerlikheid van oud-word: veral as die ander persoon jou dwing om iets te onthou wat jy eerder wou vergeet.

Jong en onervare akteurs sou dié teks nie kon dra nie, en dit is duidelik dat Opperman die teks spesiaal vir Van Niekerk en Van Rensburg geskryf het. Dié twee akteurs bewys weereens dat hulle die room van die Suid-Afrikaanse toneel is en Opperman bewys opnuut sy staal as skrywer.

Die toneelstuk is ook ‘n aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

Na verwagting sal die toneelstuk ook by die Woordfees te sien wees.

Lokaal: kykNET Gimmies
Duur: 80 minute
Prys: R110-00
Datums: Donderdag 26 September om 12:00, Vrydag 27 September om 16:30 en Saterdag 28 September om 20:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.