Die Solidariteit-tydskrif fotokompetisie

Foto deur Linda Els in die "Abstrak"-kategorie vir volwassenes

Verlede jaar kon liriekskrywers hul trotse Afrika-stemme in die ‘Basta! Ons voetspore is in Afrika”-liriekskryfkompetisie laat hoor en vanjaar het Solidariteit Tydskrif lesers die kans gebied om die kamera nader te trek en bietjie met Suid-Afrika te spog in sy opwindende fotokompetisie.

Die foto’s moet met trots sê: “My huis is hier!” Dit hoef natuurlik nie net fisieke huise of gesinne uit te beeld nie, maar kan bloot die liefde vir ons land besing.

Nou kan jy vir jou gunsteling foto stem!
Deursoek die foto’s en kies jou gunsteling. Elke foto het ʼn spesiale nommer met die fotograaf se naam daarby. Vul die spesiale nommer onderaan die blad waar jy die foto sien (by die stem-opsie vul jy dan byvoorbeeld 000 in).

Sluitingsdatum:
Die sluitingsdatum om vir die publiek se gunsteling te stem is 31 Augustus 2012. Die finaliste, wenner en kykersgunsteling sal in die vyfde uitgawe van die Solidariteit Tydskrif (in September) bekendgemaak word.

Klik hier om na die foto’s te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.