‘Eksplisiete inhoud’ kos sepie sy naweek-omnibus

Argieffoto

Die SAUK het ʼn Suid-Afrikaanse sepie se omnibus vir die naweek verbied aangesien daar glo eksplisiete inhoud in van vandeesweek se episodes was.

Die SAUK het Vrydag besluit om die sepie, Generations – The Legacy Omnibus, te onttrek wat Saterdae op SABC1 uitgesaai word.

Volgens Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, het die openbare uitsaaier klagtes ontvang wat hulle genoop het om die beplande vertonings van die sepie te kanselleer.

“Die oop tydgleuf van die gekanselleerde sepie sal vervang word met vyf episodes van Generations wat van 1 tot 5 Desember 2014 vir die eerste keer gewys het. Dit sal van 11:00 tot 13:30 uitgesaai word,” het Kganyago gesê.

“Ons wil kykers verseker dat ons hul terugvoer ernstig opneem en vra om verskoning vir enige ongerief of ongemak wat hierdie week se episodes kon veroorsaak het.”

ʼn Reeks stomende sekstonele het tot die klagtes gelei en sosialemediaverbruikers het dit as sagte pornografie beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johanna Botha ·

Onttrek een program maar wat van die daaglikse eksplisiete verkragting van die sauk self …moet die hele raad nie maar ook onttrek nie want alles is n GROOT GEMORS en mense betaal ook nie meer hulle lesensies nie agv die korrupsie en wanbestuur.

Jayne Botes ·

Wat het van The Bold and the Beautiful se omnibus geword wat Sondae uitgesaai was. Ons mis nou baie wat nie in die week kan kyk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.