En die wenner van ‘The Voice SA’ is…

Hierdie berig bevat die uitslae van die derde seisoen van The Voice SA. Indien jy nog nie gisteraand se episode gekyk het nie en nie die uitslae wil weet nie, moet jy eerder nie hier lees nie.

Die finaliste van The Voice SA 2019. (Foto: Twitter/TheVoiceSA)

Die gejuig van die gehoor was oorverdowend toe die 19-jarige Tasché Burger van Brackenfell naby Kaapstad Sondagaand as die wenner van M-Net se derde seisoen van The Voice SA aangewys is.

The Voice-aanhangers was Sondagaand op die punt van hul stoele tydens die eindronde van die jongste seisoen van dié gewilde reeks by ʼn glansryke aand by die Mosaïek Teatro in Fairlands, Johannesburg. Burger se afrigter in die reeks, rocker Francois van Coke, was onmiddellik op sy voete toe haar naam uitgelees word. “Ek voel asof ek wil huil!” het Van Coke in die groot oomblik gesê.

Burger stap nie net weg van met die titel as wenner van The Voice SA 2019 nie, maar ook ʼn splinternuwe Toyota RAV4, Truworths-kleregeskenkbewyse ter waarde van R100 000, ʼn Telkom Tech-pakket wat onder meer ‘n Huawei P30 Pro, ʼn Tab M5 Lite en ʼn Hauwei Watch GT insluit en belangrikste van alles, ʼn platekontrak van Universal Music South Africa.

Tasché Burger, die wenner van The Voice SA 2019, saam met haar afrigter in die reeks, Francois van Coke. (Foto: MNet)

Burger het gisteraand dit uitgespook teen vier ander finaliste: die PJ Twins (26), Eon Claude le Roux (28), Siki Jo-Ann Qwazi (25) en Soné Joubert (26). Le Roux en die PJ Twins was die eerste van die finaliste om uitgestem te word, wat die drie vroue oorgelaat het om mekaar die stryd aan te sê in naelbyt-vertonings. Uiteindelik was dit net Burger en Joubert oor op die verhoog voordat Burger onder luide gejuig met die louere weggestap het.

Meer as tien miljoen stemme is ontvang tydens die eindstryd van The Voice SA 2019.

ʼn Hele rits bekendes in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf was ook gisteraand op die verhoog te sien, onder wie Van Coke, Laurika Rauch, Timothy Moloi, Caroline-Grace Brüssow, Judith Sephuma, Jo Black en Roan Ash.

En nou wag die land se verhoë op Tasché!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wielspore ·

Hierdie was ‘n puik reeks, ek is net dankbaar dat ek nie ‘n beoordelaar in die reeks was, met soveel goeie talent, om te besluit wie is die beste, is nie maklik.
Wel gedaan aan die wenner en ek is seker van die ander deelnemers is ook raakgesien om hul loopbaan te bevorder.

Willie ·

Wel verdien, Tasche het n besonderse stem..wat baie uniek is, sy sal enige lied kan sing, in enige vasset…

CK ·

Hierdie jaar se top 3 was baie puik. Ek vermoed hierdie 3 dames gaan nog baie hoogtes bereik in ons musiekbedryf. Wel gedaan

HOBBO ·

Baie geluk aan al die finaliste. Baie goeie reeks. Knap gedaan beoordeelaars. Julle het beslis n oog vir uitstaande talent.

Michelle ·

Ek het hierdie THE VOICE regtig baie geniet.
Enige van die top 5 kon gewen het volgens my.
Hul gaan nog groot hoogtes bereik.
Well done.
Veels geluk aan die top 5

Zettie ·

Mens hoor nooit eens van die vorige wenners nie………..wat is die doel van dié kompetisie?

Gerda ·

Dis nogal hartseer…. selfs van die Idols reekse is dit maar net ou Heinz Wanker wat mens hier en daar sien. Die res is maar soos mis voor die son.

Lynni ·

Is daar iets in Brackenfell se water. Baie sangers van daai geweste.

Groot aanhanger ·

Nee, Gerda, jy het dit mis. Heinz was weliswaar die 1ste wenner en hoor ons minder van hom deesdae. Maar Elvis Blue, my absolute gunsteling, wenner van ‘n paar jaar gelede, is daagliks op vele radiostasies te hoor asook op TV en natuutlik AIG.
En des te meer nou met sy liedjie saam met Theuns Jordaan, “My huis”. Die allermooiste liedjie wat hy geskryf het en saam met Theuns BEAUTIFUL!!!!
En natuurlik was Elvis Blue as Idol wenner daardie jaar so groothartig om sy belofte te hou dat indien hy sou wen hy die helfte van die R1 miljoen met Lloyd Cele (wat saam met hom in die finaal was) sou deel en wat hy toe gedoen het.
Wonderlike nederige sanger!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.