Ficksburg Kersiefees

17-19 November 2011

Suid-Afrika het beslis verlede jaar op die hoogtes gewandel wat internasionale geleenthede betref en dit was dus van pas dat die Kersiefees ook die grootste in die geskiedenis was — nie minder as 25 000 mense het deur die hekke by die jaarlikse fees gestap nie.

Die weer het ook hierdie keer op ons geglimlag en vir ’n verandering is geen reën aangeteken nie, alhoewel die Oos-Vrystaat ná die Kersiefees oorstroom is.

Die reuse sukses van Kersiefees 2010 het verder beteken dat ons met ’n klein wins ons boeke kon afsluit.

Elke jaar belowe ons om die Kersiefees nog beter te maak en vanjaar is ons doelwit om Ficksburg se naam as die Kersiehoofstad van die Wêreld gestand te doen.

Kom na Ficksburg en vang Kersiekoors met ons!

Geniet die Kersiefees.

JOHAN DU TOIT
VOORSITTER
Ficksburg Kersiefees

Besoek hulle webtuiste hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.