Finaliste vir ATKV-mediaveertjies

Elma Postma word vir haar rol in die sepie, Binneland, genomineer. Foto: www.elmapostma.com

Die finaliste vir die ATKV-mediaveertjies is onlangs bekendgemaak.

Die ATKV bekroon jaarliks uitblinkers vir hulle bydraes in die gedrukte/elektroniese media, televisie en radio.
Die top drie finaliste in elke kategorie in alfabetiese volgorde (volgens van), is soos volg:

RADIOPRYSE
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram
• Martelize Brink – Oggend op RSG: Riaan Manser – RSG
• Ettienne Ludick – Blues na 11: Plaaslike Blues met Mel & Pals – RSG
• Johan van Lill – Groeipyne: Aspergersindroom – RSG

Beste insetsel in ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram
• Martelize Brink – Oggend op RSG: Rieldans – RSG
• Kobus Burger – Skrywers & Boeke: PG du Plessis – RSG
• Ettienne Ludick – RSG Sport: Die droommyl – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of dieptenuusprogram
• Lynette Francis – Praat Saam: Dawid Kruiper – RSG
• Valda Jansen – Naweekaktueel: ANC Eeufees – RSG
• Ettienne Ludick – Praat Saam: Realiteits TV – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of dieptenuusprogram
• Ettienne Ludick – RSG Sport: Vic Toweel, die storie na bo – RSG
• Mia Malan & Darren Taylor – Monitor: Tienerswangerskappe – RSG
• Mia Malan & Darren Taylor – Monitor: Transkei – RSG

Beste vermaaklikheids- of joernaalprogram
• Martelize Brink – Oggend op RSG – RSG
• Wynand Dreyer – ’n Vrou met vlerke – RSG
• André Liebenberg – Van krip na kruis na Kersfees – Verskeie gemeenskapsradiostasies

Beste nuus- of dieptenuusprogram
• Lani Fouché – News Spesiale Verslag: Rehabilitasie van geharde misdadigers – OFM
• Lynette Francis – Praat Saam: Wie se Afrikaans – RSG
• Valda Jansen – Monitor: Jakes Gerwel – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks
• Wouter de Wet – Dis Opera – RSG
• Wynand Dreyer – Die laaitie van die kas – RSG
• Margot Luyt – Sy naam was Mario – RSG

Beste radiodrama of –teater
• Bettie Kemp – Die huis van Bernarda Alba – RSG
• Margot Luyt – Behoort – RSG
• Mari Snyman – Teerling 1: Die opblaasmatrassie – RSG

Beste akteur of aktrise in ’n radiodrama of –teater
• Rina Nienaber – Teerling: Die berader – RSG
• June van Merch – Behoort – RSG
• Denver Vraagom – Bekkies gevind – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie
• Benescke Janse van Rensburg – Oggendrooi – Radio Tygerberg
• Frans Swart – Verskeie programme – Oos-Rand Stereo
• Johan van Lill – Kunsdagboek – Fine Music Radio

PRYSE VIR GEDRUKTE/ELEKTRONIESE MEDIA
KOERANTE
In-diepte artikels/Ondersoekende joernalistiek
• Fred de Vries – Respek: ’n duur paar verbrande skoene – Rapport
• Neels Jackson – Oorde buit oues uit – Beeld
• Leoni Smit – Toorn van ’n aspris nurse – Rapport

Beste persoonlikheidsprofiel
• Murray La Vita – Die skaduwees van Athol – Die Burger
• Hanlie Retief – ’n Hengse lekker lewe – Rapport
• Anim van Wyk – ‘Ma, ek sal my krag vir jou gee’ – Beeld

Kunstejoernalistiek
• Valda Jansen – Brute eerlikheid breek wonde oop – Rapport
• Hanlie Retief – Skryf soos pyp wat bars – Rapport
• Schalk Schoombie – Nou eers reg vir Hamlet – By: Media24

Beste leefstyl-storie
• Erns Grundling – Bloedballet: Tyd vir die kryt – By: Media24
• Pieter Steyn – Waar die wind in Afrikaans waai – Volksblad
• Anim van Wyk – Die krokodiljagter en die olifantma: ’n Afrika-romanse – By: Media24

Essayis, rubriekskrywer of blogger van die jaar
• Gert Coetzee – Is jy dié feestyd in of agter die grênd kar? – Volksblad
• Marida Fitzpatrick – Hoor hier! – By: Media24
• Dana Snyman – Nuwe waarhede uit ou-ou woorde – By: Media24

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant
• Die Pos/The Post – Redakteur: Keina Swart
• Noordkaap – Redakteur: Ruan Bruwer
• Vrystaat – Redakteur: Susan Maré

TYDSKRIFTE
In-diepte artikels/Ondersoekende joernalistiek
• Rochelle Barrish – Hang-hang … – Kuier
• Salomé Delport – Leef jy in ’n droomwêreld oor jou nuwe slaappil? – Rooi Rose
• Herman Scholtz – Modimolle-monster – Huisgenoot

Beste persoonlikheidsprofiel
• Marida Fitzpatrick – Glorie, maar my siel is dood – Huisgenoot
• Ilse Salzwedel – Die skaam kant van Nataniël (hy wys dit net nie) – My Tyd: Rapport
• Alet van Zyl – Ons hel is verby – Huisgenoot

Reisjoernalistiek
• Leon-Ben Lamprecht – Die sagte siele van die Hardemanskaroo – Weg
• Dana Snyman – My plek is nie meer my plek nie – Weg
• Sophia van Taak – Op soek na ’n Eden (verkieslik sonder krappe) – Weg

Kunstejoernalistiek
• Chris du Plessis – Fluit-fluit, die storie is uit – DeKat
• Erns Grundling – Onherroeplik Gert – My Tyd: Rapport
• Ina van Rooyen – Mag van die swygsame digter – Taalgenoot

Beste leefstyl-storie
• Chris du Plessis – Manne wat brei? (Grappies op ’n stokkie) – My Tyd: Rapport
• Marida Fitzpatrick – Dawie Roodt & sy ‘Russiese poppie’ – Sarie
• Ilza Roggeband – My lang pad met Ritalin – Vrouekeur

Essayis, rubriekskrywer of blogger van die jaar
• Koos Kombuis – Die tuiskoms – DeKat
• Leon-Ben Lamprecht – Skaaptel as sport is g’n wolhaarstorie – Weg
• Dana Snyman – Dana, en Lettie se komberse – My Tyd: Rapport

TELEVISIEPRYSE
VERHALENDE GENRES

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
• Marike Bekker – Littekens
• Henriëtta Gryffenberg – Erfsondes

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
• Marike Bekker – Littekens
• Peter Heaney – Erfsondes

Beste dramareeks of enkeldrama
• Marike Bekker – Littekens
• Imani Media – Erfsondes

Beste akteur in ’n sepie
• Lieb Bester – Villa Rosa
• Roderick Jaftha – Villa Rosa
• Dawid Minnaar – Binneland

Beste aktrise in ’n sepie
• Odelle de Wet – Binneland
• Vinette Ebrahim – 7de Laan
• Elma Postma – Binneland

AKTUELE GENRES
Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n gesels- of joernaalprogram
• Coenie de Villiers – Kwêla
• Prof. Erik Holm – Projek Aardwolf
• Suzaan Steyn – Kwêla

Beste insetsel in ’n gesels- of joernaalprogram
• Riaan Badenhorst – Randall Wicomb – Kwêla
• Alti Fouche – Die ding omtrent Isimangaliso – Projek Aardwolf
• Alizia Linden – Pippie Kruger – Kwêla

Beste gesels- of joernaalprogram
• Pieter Cilliers & Marié Minnaar – Kwêla
• Jaco Loubser – Groen
• Franci Swanepoel & Marius van de Wall – Fiesta: Krismis in die Klein Karoo

Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
• Waldimar Pelser – Dagbreek
• Freek Robinson – Robinson Regstreeks
• Theo Vorster – Sakegesprek met Theo Vorster

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
• Daniëlla du Plooy – Vegter teen die vlamme – eNuus
• Hanné Koster – Gay teoloë – Kwêla
• Loftus Marais – Eva Human – Dagbreek

Beste nuus- of aktualiteitsprogram
• Pieter de Vos – Robinson Regstreeks
• Karin d’Orville – Fokus: Van stiefkind tot huiskind
• Dirk Mostert – Sakegesprek met Theo Vorster

Beste nuusleser
• Gustav Greyling – eNuus
• Genée Heyl – eNuus
• Freek Robinson – eNuus

Beste dokumentêre program of programreeks
• Pieter de Vos – Formidabele Vroue: Tibbie Steyn
• Jan Groenewald – Formidabele Vroue: Emily Hobhouse
• Christelle Parrott en Wynand Dreyer – Formidabele Vroue: Rykie van Reenen

Beste vermaaklikheidsprogram
• Roberta Durrant – Kêrels wat kook
• Ben Heyns – Jou show met Emo & Wicus
• Paul Venter – Saktyd

Beste leefstylprogram
• Riaan Badenhorst & Dine van Zyl – Boerekos
• Fanagalo Films & Underdog Productions – Rof of Spog
• Braam Willemse & Thys Striecher – Bring & Braai

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheids- of leefstylprogram
• Terence Bridgett & Paul du Toit – Rof of Spog
• Hannes van Wyk – Bravo!
• Dine van Zyl – Boerekos

Die wenners van hierdie toekennings word op Vrydag, 19 April tydens ’n glansgeleentheid by Vodaworld in Midrand bekend gemaak.

Die toekenning vir gunsteling-radiopersoonlikheid, waarvoor die publiek stem, en beste sepie, word ook tydens hierdie geleentheid bekend gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.