Afrikaanse fliek gekies vir buitelandse rolprentfees

Mila Guy (Foto: Facebook)

Die nuwe Afrikaanse fliek Wonderlus is pas deur die Phoenix-rolprentfees in Amerika gekies om later vanjaar mee te ding in dié fees se World Cinema-kategorie.

Dié rolprentfees word tussen 5 en 15 April 2018 in die deelstaat Arizona gehou.

Wonderlus vertel die verhaal van ʼn troue wat ontspoor. ’n Groep vriende moet die oggend ná die troue al die los drade van die vorige aand probeer bymekaartrek: Die bruidegom en sy bruid is skoonveld en die enigste antwoord op al die vrae lê moontlik by ʼn geheimsinnige kelnerin.

Dié speelfilm is verlede jaar by die kykNET Silwerskermfees met drie toekennings bekroon, insluitend beste teks (Johan Cronjé), beste byspeler (Beer Adriaanse) en beste aktrise (Lea Vivier).

Ander akteurs soos Mila Guy, Edwin van der Walt, Lea Vivier, Lynelle Kenned en Simoné Nortmann is in die fliek te sien.

Cronjé het ook die kykNET-reekse Strikfontein en Phil101 geskep. Die fliek word vervaardig deur die SAFTA-bekroonde vervaardigers Nouvanaand Films.

Die film word op 27 April 2018 landwyd vrygestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

G'n wonder ·

Op die oogaf lyk dit maar nes die Amerikaanse films: deurspek met drankmisbruik, losbandigheid en dekadensie. Behoort goed in te pas by die immorele geplas van die massas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.