Agter die skerms van French Toast

Thierry Ballarin en Lika Berning is te sien in die rolprent French Toast. Foto: verskaf

Thierry Ballarin en Lika Berning is te sien in die rolprent French Toast. Foto: verskaf

French Toast is ʼn splinternuwe Suid-Afrikaanse fliek wat eersdaags op die grootskerm bekendgestel word.

French Toast vertel die storie van ʼn fotograaf, Lise le Roux (Lika Berning), wat saam met haar pa op ʼn wynplaas naby Stellenbosch woon. Nadat Lise haar oorlede ma se dagboek opspoor, vind sy uit dat sy ʼn boetie of sussie het van wie sy nooit geweet het nie. Wanneer sy besluit om Frankryk toe te gaan op soek na dié familielid, ontmoet sy Jean-Pierre Baptiste (Thierry Ballarin). Hy stem in om haar te help om die persoon op te spoor in ruil daarvoor dat sy die foto’s vir sy nuwe kookboek neem.

Die fliek is in Stellenbosch, Hartebeesboort en selfs Frankryk verfilm. Dit sal na verwagting op 24 April vrygestel word.

Loer gerus wat tydens verfilming agter die skerms aangegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.