Agter die skerms van ‘Jy is my Liefling’

Die beoordelaars van ‘Jy is my Liefling’ v.l.n.r.:Johan Heystek, Nadia Beukes,Soli Philander en André Schwartz

Kyk gerus die video onderaan die berig.

Na die suksesvolle rolprent, Liefling die movie, kan aanhangers nou uitsien daarna om dit op die verhoog in die Staatsteater te sien.  Lika Berning, wat die hoofrol vertolk het, kan egter nie weer die rol op die verhoog hervat nie en daarom is daar besluit om die soektog na ʼn nuwe ‘Liefling’ te omskep in ʼn realiteitsreeks op kykNET.

Die inskrywings vir die realiteitsreeks het ingestroom en nou is dit in die beoordelaars, Nadia Beukes, André Schwartz en Johan Heystek se hande om die nuwe ‘Liefling’ te kies. Soli Philander sal die rol van die aanbieder vervul.

Liefling die musiekblyspel word vanaf Junie in die Staatsteater in Pretoria opgevoer.  Renier en Lise-Marie Keyser help om die fliek te verwerk na ʼn verhoogstuk en volgens een van die vervaardigers, Linda Korsten, is dit nogal ʼn uitdaging om dit te doen. “Jy moet nou van ʼn fliek ʼn produksie maak op een verhoog en jy het nie natuurlike stelle orals nie,” het sy gesê.  Bobby van Jaarsveld wat weer die rol van Jan vertolk sê ook dat dit heelwat anders is as om ʼn rolprent te maak. “Ek kan nie as ek ʼn fout [op die verhoog] maak vra dat ons dit weer doen nie. Dit is net glad nie ʼn rolprent nie, so jy moet besef daar is nie twee kanse nie,” het Bobby gesê.

Die reeks is in Hartiwood, Hartbeespoort in Pretoria verfilm en is tans op kykNET te sien.  Ons het ʼn draai op die stel gaan maak om meer uit te vind van die program en wat die beoordelaars in ʼn ‘Liefling’ soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.