Akteur aangekondig vir hoofrol in Elvis-fliek

Links is Elvis Presley soos hy in 1964 gelyk het en regs is Austin Butler wat die rol van Presley sal vertolk. (Foto: AP)

Die rolprentvervaardiger Baz Luhrmann het uiteindelik die man gevind wat die rol van Elvis Presley sal vertolk in ʼn biografiese rolprent oor die “Koning van Rock and Roll” se lewe.

Die 27-jarige Austin Butler is gekies om die rol van Elvis te speel in die rolprent wat volgende jaar in Australië verfilm sal word.

Volgens berigte het Ansel Elgort, Harry Styles en Miles Teller almal oudisies afgelê vir die rol, maar Butler het uiteindelik met die louere weggestap.

Butler het verlede jaar in Denzel Washington se Broadway-produksie van The Iceman Cometh verskyn. Hy speel ook in Quentin Tarantino se komende Once Upon a Time … in Hollywood.

Luhrmann het in ʼn verklaring gesê hy het deur uitgebreide skermoudisies en musiek- en danswerksessies die persoon gekry wat hy glo “onmiskenbaar die gees van een van die wêreld se mees ikoniese musikale figure vergestalt”.

Luhrmann sal die regisseur van die rolprent wees en die veteraanakteur Tom Hanks sal die rol van Presley se bestuurder, kol. Tom Parker, speel.

Butler het gesê dit is vir hom ʼn eer om gekies te wees om die verhaal van Presley se lewe en sy pad na roem te vertel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

VanAfrika ·

Hy lyk meer na Chris Isaac. Ek hoop hy kwyt hom van sy taak want ek sal graag hierdie fliek wil sien. Baie het al probeer maar kon Elvis nooit goed namaak nie.

bosluis ·

Hy sal mieliepap moet eet om ronder wangetjies te kry. Sy gesig lyk vir my te skraal. Maar dit gaan sekerlik oor meer as net die perfekte gesig kies. Gaan sekerlik maar oor wie pas die volle pakket die beste

Stormrider ·

Ek sou graag die rol van Elvis wou speel, maar ek is te lelik en kan ook nie sing nie. Gelukkig het hulle my nie gebel nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.