Alison Botha se verhaal binnekort op die silwerdoek

Alison Botha. Foto: Skermskoot uit die video

Alison Botha. Foto: Skermskoot uit die video

Die verhaal van Alison Botha, wat Suid-Afrika geruk het nadat sy in 1994 ontvoer, verkrag, 17 keer in die nek en 37 keer in die maag gesteek is, is in ʼn dokumentêre rolprent omskep en word in Augustus vanjaar uitgereik.

Alison, toe 27, se lewe is op 18 Desember 1994 handomkeer verander. Sy is deur haar twee aanvallers, Frans du Toit en Theuns Kruger, vir dood gelos nadat hulle haar verkrag en met ʼn mes vermink het in Port-Elizabeth.

Sy is aan die buitewyke van ʼn natuurreservaat in Port Elizabeth vir dood agtergelaat. Met “genade van Bo” kon sy haar eie kragte oortref en dié grusame aanval oorleef. ʼn Verbygaande motoris het haar lewe gered deur met haar hospitaal toe te jaag nadat sy daarin kon slaag om haar self na die teerpad te sleep.

Haar boek, I have life, is in 1998 gepubliseer en sedertdien in sewe tale vertaal.

Towerkop Creations is die regisseur en die fliek is onder meer vervaardig deur kykNET, DTI en Waterfront Film Studios. Die fliek, eenvoudig genaamd “Alison”, vertel haar verhaal van krag, dapperheid en hoop. Helde soos die verbygaande motoris en die dokters word ook vereer in die fliek.

Bekende akteurs soos Christia Visser van Die Boekklub en Ballade vir ʼn Enkeling-faam, asook De Klerk Oelofse, Zak Hendrikz en Francois Maree is in die fliek te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zelda ·

Alison, ek was net 15 jaar oud toe ek jou storie vir die eerste keer in die Huisgenoot gelees het. Dit waar ek een van die grootste wonderwerke van God gelees het. Prys God vir sy Almag. Kan nie wag vir die fliek nie, God is Groot

Amazed ·

Alison dis mense soos jy wat mense soos ek hoop en krag gee om op te staan en die wêreld in die oë te kyk. Ek wag ook verkrag toe ek 15 was maar nie naastenby so erg soos jy nie. Ek was nie vir die dood agter gelaat nie. Jy het soveel erger pyn ervaar as ekke en jy kon opstaan, jy kon weer lewe. Jy is `n wonderlike damm goeie mens wat dit nie verdien het nie maar jy is `n mens waarna ek kan opkyk en jou storie, jou verhaal gee vir my en baie ander vroue daar buite weer hoop. Hoop dat alles sal reg kom hoop dat alles eendag vergete sal wees. Ek is nou 28, dis 13 jaar later en ek onthou alles. My man is die enigste mens tot vandag toe wat daarvan weet. Hy ondersteun my darm. Maar jy! Jy is AMAZING

Mariette Hammann ·

Alison, jy is ‘n baie dapper mens. Baie sterkte met jou pad vorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.