’n Rolprent wat kykers en die rolprentbedryf omtrent aan die gons gehad het, is Ballade vir ’n Enkeling – ’n vars en gemoderniseerde weergawe van die gewilde televisiereeks wat vrygestel is in die 80’s. Vir Suid-Afrikaners in Australië en Nieu-Seeland is daar nou goeie nuus: Ballade vir ’n Enkeling gaan van 11 Junie in verskeie teaters in dié lande begin draai. Daar is ook geleentheid om die skrywer, Leon van Nierop, te ontmoet. Vir meer inligting oor tye en teaters, besoek gerus Onstv.
Kyk hier na Maroela Media se onderhoud met Rolanda Marais en Christia Visser en hier is ons resensie oor die rolprent.
Ongelooflike fliek – sal aanbeveel