‘Beauty and the beast’ ʼn lokettreffer; dán in SA te sien

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die nuwe “werklikheidsweergawe” van die gewilde 1991 Disney-rolprent Beauty and the Beast, waarin akteurs soos Emma Watson en Dan Stevens te sien is, het die afgelope naweek wêreldwyd nagenoeg $350 miljoen by die loket verdien.

Dié voormalige animasierolprent het Sondagaand die fliek Batman v Superman: Dawn of Justice amptelik as die grootste lokettreffer vir Maartmaand van alle tye onttroon.

Beauty and the Beast het verder ook die meeste geld nóg vir ʼn openingsnaweek van ʼn nuwe fliek vir 2017 gemaak.

Paul Dergarabedian, ʼn senior media-ontleder by comScore, ʼn internasionale maatskappy vir mediameting en -ontleding, het aan CNN vertel dié fliek was veral ʼn treffer oor sy ouderdomsbeperking, rolverdeling en mengsel van klassieke en nuwe treffers.

Beauty and the Beast is die jongste voorbeeld van ʼn slim strategie deur Disney om in hul animasiekelders te delf, en ʼn klassieke rolprent af te stof en as nuut en wonderlik op te dis,” het hy gesê.

Gewilde Disney-treffers wat reeds in nuwe weergawes omskep is, sluit in Alice in Wonderland (2010), Maleficent (2014), Cinderella (2015) en The Jungle Book (2016).

Ander rolprente wat nog die grootskerm gaan tref, sluit in Dumbo, The Lion King, Aladdin, Mulan en Pinocchio.

Spesiale enkeldagvertonings word op 21 Maart (Dinsdag) by talle Ster Kinekor-teaters landwyd gehou. Kyk hier in watter teaters die rolprent te sien sal wees.

ʼn “High tea slegs vir dames” word ook op 21 Maart in Nu Metro-teaters gehou. Vir meer inligting oor dié vertonings, lees hier.

Beauty and the Beast word op 13 April vanjaar in Nu Metro-teaters landwyd uitgereik, en op 14 April in Ster Kinekor-teaters landwyd.

Bron: CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johannes ·

Moet asb nie mislei en dink Disney staan vir Christelike waardes nie. Vergewis jouself eers van Disney se “bold step” om gay karakters in die storielyn in te werk. Ek gaan beslis stem met my beursie en dit boikot. Ek is klaar met Disney want hy is klaar met familiewaardes. Dis my “bold step”.

Zebra ·

1 John 2:15-17
Slegs wanneer ons Volk in Hart en siel na God kom, sal Hy ons land genees. Le af hierdie wickedness.
“Love not the world neither the things that are in the world. If any man love the world the love of the Father is not in him.
For all that is in the world, the lust of the flesh, the lust of the eyes and the pride of life, is not of the Father but of the world.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.