‘Birdman’ en ‘Grand Budapest Hotel’ ryg die Oscars in

Michael Keaton in die rolplrent "Birdman" wat vier Oscar-toekennings ontvang het. Foto: Skermskoot

Michael Keaton in die rolplrent “Birdman” wat vier Oscar-toekennings ontvang het. Foto: Skermskoot

Die wenners van die 2015 Oscar-toekennings (Academy Awards) is vanoggend by die Dolby Theatre in Hollywood, Kalifornië aangekondig en dit is geen verrassing nie dat die unieke rolprent Birdman met vier Oscars weggestap het.

Dié fliek met akteurs soos Michael Keaton, Edward Norton, Emma Stone en Naomi Watts het die toekenning ontvang vir beste rolprent, beste regisseur (Alejandro G. Iñárritu), mees oorspronklike draaiboek en beste kinematografie.

Wes Anderson se The Grand Budapest Hotel het ook met vier toekennings weggestap vir onder meer vir beste produksieontwerp en kostuumontwerp.

Die rolprent Boyhood wat groot opslae by die Golden Globe-toekennings gemaak het, het slegs een toekenning ontvang vir Patricia Arquette as beste aktrise in ʼn ondersteunende rol. J.K. Simmons het die toekenning vir beste akteur in ʼn ondersteunende rol vir sy rol in Whiplash ontvang.

Eddie Redmayne is aangewys as beste akteur vir sy rol as Steven Hawking in The Theory of Everything terwyl Julianne Moore as beste aktrise aangewys vir haar rol in Still Alice.

Hier is ʼn volledige lys van die wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.