Boyhood kraai koning by Golden Globes

Die span van die rolprent "Boyhood". Foto: Golden Globes, Facebook

Die span van die rolprent “Boyhood”. Foto: Golden Globes, Facebook

Lokprente van rolprente wat gewen het volg onderaan die berig.

Die fliek Boyhood het koning gekraai by die 72ste  Golden Globe-toekennings wat Sondag in die Beverly Hilton-hotel in Beverly Hills  gehou is. Die jaarlikse glansgeleentheid vereer van die bestes van die rolprentbedryf.

Boyhood het weggestap met die prys vir die beste drama asook die beste regisseur (Richard Linklater) en beste aktrise in ʼn ondersteunende rol (Patricia Arquette). Volgens die webwerf IMDB  het  die verfilming van dié  unieke fliek in 2002 afgeskop, maar dit is eers in 2013 voltooi.

Julianne Moore is bekroon met die prys vir beste aktrise in ʼn drama vir haar rol in Still Alice terwyl Michael Keaton die prys ontvang het vir beste akteur in ʼn komedie of musiekblyspel vir sy rol in Birdman. Die sterbelaaide rolprent The Grand Budapest Hotel is aangewys as die wenner vir die beste rolprent, komedie of musiekblyspel.

Vir ʼn volledige lys van wenners gaan loer gerus hier.

Die Golden Globe-toekennings word vanaand om 21:30 op M-Net (kanaal 101 op DStv) uitgesaai.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.