Dié kortfilms vir Silwerskerm-toekennings benoem

Silwerskermfees 2019 (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die kykNET Silwerskermfees is in volle gang by die deftige The Bay Hotel in Kampsbaai, en die lys name van kortfilms en mense wat vir die gesogte Silwerskerm-toekennings benoem is, is pas bekend gemaak.

Die kykNET Silwerskerm-toekennings sal Saterdagaand by ʼn seremonie by The Bay Hotel uitgedeel word.

Vanjaar was daar 14 kortfilms, van 22 minute lank elk, wat meegeding het in die kompetisie. Daar is ook vier webreekse vervaardig, waarvan een wenner gekies sal word. Die mentors vir die kortfilms, wat saam met die produksiespan gewerk het om die bes moontlik resultate te verseker, was Bennie Fourie, Quintin Krog, Johan Cronje, Nosipho Dumisa, Travis Taute en Daryne Joshua.

Vanjaar is daar drie films wat gelyk die meeste nominasies in die kortfilm-kategorie gekry het. Rooilug, Die begrafnis en Oedipus: Die musical – ʼn dokumentêr is almal agt keer vir ʼn toekenning benoem.

Hier is die volledige lys benoemings vir kortfilms:

Beste kortfilm:

Die Begrafnis

Gebles

Oedipus: Die musical – ʼn dokumentêr

Rooilug

Beste draaiboek:

Bard Cloete – Gebles

Leatitia Solomons – Die Begrafnis

Luan Jacobs – Hoe om ʼn perd te teken

Stefan Benadé – Oedipus: Die musical – ʼn dokumentêr

Beste regisseur:

Burger Meyer – Binnelandse sake

Dominique – Rooilus

Kaz McFadden – Hoe om ʼn perd te teken

Stefan Benadé – Oedipus: Die musical – ʼn dokumentêr

Beste akteur:

Leighmen Marshall – Rooilug

Luan Jacobs – Hoe om ʼn perd te teken

Stiaan Smith – Gebles

Beste aktrise

Ansu Visser – Binnelandse sake

Greta Pietersen – Gebles

Leatitia Solomons – Die Begrafnis

Beste mansbyspeler:

Carel Nel – Oedipus: Die musical – ʼn dokumentêr

Irshaad Ally – Rooilug

Ludwig Binge – Oedipus: Die musical – ʼn dokumentêr

Beste vrouebyspeler:

Hannah Borthwick – Oedipus: Die musical – ʼn dokumentêr

Ilse Oppelt – Janneman

Lee-Ann van Rooi – Die Begrafnis

Beste produksie-ontwerp:

Idelette Jordaan en Nadine Minnaar – My Gelykenis

Juanita Ferreira – Die Begrafnis

Sumaya Wicomb – Rooilug

Beste redigering:

Canya Cruywagen – Oedipus: Die musical – ʼn dokumentêr

Courteney Leigh Alberts – Rooilug

Gideon Breatenbach – Binnelandse sake

Beste kinematograaf:

Janhendrik Burger – My Gelykenis

Johannes Pieter Nel – Die Begrafnis

Kobus Louw – Rooilug

Beste grimering:

Charné Burger – Die Begrafnis

Charné Burger – Oedipus: Die musical – ʼn dokumentêr

Natasha du Toit (Prostetika-ontwerp) – Gebles

Beste kostuumontwerp:

Alto de Kock – Janneman

Juanita Ferreira – Die Begrafnis

Romy Alfino – Rooilug

Beste klankontwerp:

Jozua Loots – My Gelykenis

Ruan van Tonder – Hoe om ʼn perd te teken

Wesley Ayliffe – Binnelandse sake

Webreekse:

Afrikaans 101

Deur die blare

Groener

Sans Masker

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae