Dié vollengte-films ding mee vir Silwerskermtoekennings

Silwerskermfees 2019 (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings word vanaand by ʼn glansgeleentheid by The Bay Hotel in Kampsbaai uitgedeel. Dit sal ook dien ter afsluiting van die negende jaarlikse Silwerskermfees.

kykNET het pas die lys rolprente en name bekendgemaak wat vir toekennings in die speelfilm-kategorie benoem is.

Ses speelfilms het vandeesweek hul première by die Silwerskermfees gehad. Dié vollengte-speelfilms is Fiela se kind, Flatland, Griekwastad, Die verhaal van Racheltjie de Beer, Toorbos en Poppie Nongena.

Poppie Nongena kraai koning met 15 benoemings, terwyl Fiela se kind 11 opgeraap het.

Vir die benoemingslys in die kortfilm-kategorie, klik hier.

Hier is die volledige lys van benoemings vir vollengte-speelfilms:

Beste speelfilm

Die verhaal van Racheltjie de Beer

Fiela se kind

Flatland

Griekwastad

Poppie Nongena

Toorbos

Beste draaiboek

Brett Michael Innes – Fiela se kind

Christiaan Olwagen en Saartjie Botha – Poppie Nongena

Jenna Bass – Flatland

Tertius Kapp – Griekwastad

Beste regisseur

Christiaan Olwagen – Poppie Nongena

Jenna Bass – Flatland

Matthys Boshoff – Die verhaal van Racheltjie de Beer

Beste akteur

Arnold Vosloo – Griekwastad

Stiaan Smith – Toorbos

Stian Bam – Die verhaal van Racheltjie de Beer

Beste aktrise

Clementine Mosimane – Poppie Nongena

Nicole Fortuin – Flatland

Zenobia Kloppers – Fiela se kind

Beste mansbyspeler

Alex van Dyk – Griekwastad

Chris Gxalaba – Poppie Nongena

De Klerk Oelofse – Flatland

Beste vrouebyspeler

Anna-Mart van der Merwe – Poppie Nongena

Cindy Swanepoel – Fiela se kind

Nomsa Nene – Poppie Nongena

Beste produksie-ontwerp

Birrie le Roux en Surisa Surisa – Poppie Nongena

Chantel Carter – Fiela se kind

Chantel Carter – Die verhaal van Racheltjie de Beer

Beste redigering

Eva du Preez – Poppie Nongena

Jacques de Villiers – Flatland

Warwick Allan – Die verhaal van Racheltjie de Beer

Beste kinematograaf

Tom Marais – Fiela se kind

Vicci Turpin – Poppie Nongena

Willie Nel – Die verhaal van Racheltjie de Beer

Beste oorspronklike klankbaan

Bao-Tran Tran “Mobilegirl” – Flatland

Charl-Johan Lingenfelder – Griekwastad

Chris Letcher – Die verhaal van Racheltjie de Beer

Kyle Shepherd – Fiela se kind

Beste grimering en haarstilering

Gale Shepherd – Poppie Nongena

Maritsa Maritz – Fiela se kind

Theola Booyens – Toorbos

Beste kostuumontwerp

Mari van der Merwe – Fiela se kind

Sulet Meintjies – Die verhaal van Racheltjie de Beer

Sylvia van Heerden – Poppie Nongena

Beste klankontwerp

Charlotte Buys – Fiela se kind

James Olivier, Richard West, Simon Ratcliffe – Flatland

James Olivier, Richard West, Simon Ratcliffe – Poppie Nongena

Beste ensemble-spel

Die verhaal van Racheltjie de Beer

Griekwastad

Poppie Nongena

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.