Eerste op Maroela:  Treurgrond  se vollengte lokprent

Die nuwe rolprent Treurgrond is eersdaags op die grootskerm te sien. Foto: Verskaf

Die nuwe rolprent Treurgrond is eersdaags op die grootskerm te sien. Foto: Verskaf

Die nuwe Afrikaanse rolprent Treurgrond word in Mei uitgereik en die splinternuwe lokprent vir die fliek is vandag bekendgestel.

Dié fliek, met akteurs soos Steve Hofmeyr, Jana Strydom, Boikie Pholo en Shaleen Surtie-Richards, gee fliekgangers ʼn kykie na die wreedheid van plaasmoorde.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Christine De Beer ·

Ek bly op die oomblik in Atlanta, Georgia, Amerika en is op Linkedin as Christine (De Beer) Maldonado en ek deel alles daar wat in my land Suid Afrika gebeur. Die meeste mense in Amerika het nie geweet wat alles in Suid Afrika gebeur nie. Ek sal nie stil bly oor wat in my land gebeur nie, ek wil he die wereld moet sien!!! Een van my vriende op Linked in is ‘n skrywer genaamd Mitchell Gray, tot hy het op sy profiel op Linkedin oor die moorde in Suid Afrika video’s gepos, wat ek nie eers gesien het nie. Ek voel ons as Suid Afrikaners moet saamstaan, sodat die hele wereld kan sien wat daar gebeur, dit breek my hart om my geliefde land so te sien agteruit gaan en onskuldige mense word vermoor, ek is in Amerika, nie omdat ek gevlug het uit my land, maar omdat my aanstaande man ‘n Amerikaner is.

Tersia Rossouw ·

Ja, ek dink ook die wat in die buiteland woon moet die mense attend maak op wat werklik in S.A. aangaan. My twee seuns is ook daar en was ook verstom oor die misopvattings wat daar heers. My susters in Engeland het ook hul werkgewers altyd omtrent die waarheid ingelig. Elke bietjie help…

Lizzie ·

Ek bly in Australie op die Sushine Coast en het gisteraand MOOIRIVIER gaan kyk. Baie dankie, ons het dit vreeslik geniet en dit was lekker om weer Afrikaans te hoor.

Andre ·

Steve Hofmeyer moet saam Julius Malema die land uitgejaag word. Niks wat hulle doen is tot verbetering van ons nasie se groei nie. Volgende maak Julius seker n terugslaan propaganda fliek wat wys hoe boers oo plase die werkers aanrand of hoe die Boere “hulle” grond gesteel het. Dis om van naar te word

Adri ·

Mense… Ken jul die hart van ‘n boer? Ons bid daagliks vir reen…. Stry teen die droogte, sien hoe ons mielies verdor, ons vee maer word! Stuur ons kinders op 6 jarige ouderdom ver van die huis af, koshuis toe. Werk met deernis saam met ons werkers… Sommige word opgesweep deur politici en maak dit baie moeilik om staande te bly…. Hoekom dink julle doen ‘n boer dit??? Omdat ons ryk word daardeur? BESLIS NIE! Omdat ons roem en eer kry daardeur? NIMMER NIE! Ons doen dit omdat dit ons roeping is om die grond te bewerk. Ons doen dit om ons NASIE, swart, wit, bruin en geel….noem maar op, te dien! Om kos op elkeen se tafel te sit! Ek kan nie beskryf die vrees in my hart oor my man se veiligheid wanneer hy snags ondersoek moet gaan instel na vreemde voertuie wat op die pad rond ry nie… Daarom vra ek weer, ken jul die hart van ‘n boer? Het jul al in ‘n boer se skoene gestaan? Indien nie, dink twee keer voordat jul kommentaar lewer!

Rudi ·

Ek is ook naar vir alles wat sleg is. Ek is naar vir die swart verpleegster by Tshwane hospitaal wat nie wil help as n BLINDE persoon skree vir hulp nie. Ek is naar vir die riviere vol gemors en riool van die munisipaliteite wat die visse doodmaak. Ek is naar vir al die dood en verkragting. Maar die ding wat my de meeste naar maak is mense soos jy wat nie kan sien dat die Mogabe, Zuma, Malema mense nie belang stel in jou diplomatiese goedheid nie. Zuma sing “Skiet die boer” nie net vir my nie , maar vir ou ook

Nadine ·

Het jy nog nie die amerikaanse madiba prent gesien nie? Of stander? Of die fliek oor winnie mandela nie? Hul maak altyd wit mense uit as uiterse rassiste en slegte karakters…! Dis tyd dat iemand die waarheid vertel, iemand wat juis in SA bly….!! En ek dank God vir n stem (Steve Hofmeyr) in n land waar my volk se stemme stil gemaak word deur hul kele letterlik af te sny! Om mense te onderdruk is verkeerd en wel een ding…om mense te martel en uit te moor vir blote haatlike genot en wraak, n heel ander! Plaas my eerder in n afgesette woonbuurt met my mense, gee my kos, gee my geriewe en los my in vrede as jy vir die land kan sorg….maar martel en moor my volk vir genot daarvan en omdat jy lus kry daarvoor en daarmee kan wegkom…NOOIT!

Irene Pool ·

As jy nie Steve ken en weet waaroor alles gaan nie, hou eerder jou mond dig toe!! Of word n plaasboer en voel hoe dit voel om elke dag te wonder wie volgende is?? dalk jy! So bly stil want dit is duidelik dat jy nie weet waarvan jy praat nie!!!

Winifred Bezuidenhout ·

Andre – Jy verbeter seker die Afrikaner se lewe deur jou tax te betaal. haha ek dink jy was een van die wat JA gestem het. Gooi als maar weg.

Johan Bezuidenhout ·

Adri jou woorde is so waar. Ons het ‘n passie vir landbou. Die platteland word tans aan die lewe gehou deur landbou. Banke het al jare gelede op dorpies soos Arlington toegemaak, maar die boer is steeds daar, goeie of slegte tye reen of droogte.

Thea Bothma ·

Andre jyt nie n idee waarvan jy praat nie .As jy net n druppel van steve se bloed in jou lyf gehad het, so jy klaar n beter mens gewees het. Hy praat feite ,nie gemors nie .Hy staan op vir jou wat Afrikaans praat ,wat besig is om vertrap teword ,uitgeroei teword .Miskien moet ons nie net terug staan en sien wat besig is om te gebeur nie ,maar opstaan en saamstaan ,dat daar meer Afrikaners is soos hy. So my vriend gaan op jou kniee en se dankie Vader ek baklei nie alleen nie

Katryn ·

Ek is so keelvol vir mense wat niks goed oor dié man te sê het nie… As jy nie die familielid van so ‘n slagoffer is nie, bly stil of bly van die bladdens af. Vrou verbrand met ‘n strykyster, man se hande en voete saam agter sy rug vas, gesig eerste in ‘n bad vol kookwater gegooi om te verbrand én te verdrink gelyk, terwyl sy vrou kyk… En die volgende keer as jy pap saam met jou braaivleis eet…geniet dit…dit gaan nog ‘n groot luuksheid word wat sal ingevoer moet word… Soos só baie ander produkte… Die risiko om te boer, word eenvoudig te groot….

jaqiu ·

Ek stem steve baklei vir almal se regte.die mense wat so teen die man is. My vraag is hoe gaan hulle voel as hulle dogter verkrag word of hulle kindertjie word vermoor of die gesin uitwis. Steve probeer n verskil maak. En hy gaan daarin slaag

jaqiu ·

Ek stem steve baklei vir almal se regte.die mense wat so teen die man is. My vraag is hoe gaan hulle voel as hulle dogter verkrag word of hulle kindertjie word vermoor of die gesin uitwis. Steve probeer n verskil maak. En hy gaan daarin slaag

Anita Greyling ·

Ek wil net een ding vra aan almal wat so teen Steve is en oor wat hy se. Hoekom by ‘n huis inbreek en nie net steel en klaarkry nie? Hoekom eers die inwoners verkrag, martel, brand, kinders martel???? Dit is vir een rede en dis om te wys hulle KAN! En dan steel hul soms net ‘n selfoon net sodat die “motief” kamstig diefstal is. Hy vra net vrae soos enige regdenkinde mens. Hoekom word da niks aangedoen nie, hoekom mag ek ook nie my stem sing nie, hoekom mag ek nie ‘n stem he nie?? As dit rasisties is dan weet ek nie meer nie regtig.

Sannie Swart ·

Ek lees almal se kommentaar en ek huil voor God. In die jare toe die Afrikaner’s regeer het, het ons gevoel dat God hierdie land aan ons toe vertrou het en dit was ons eer en ons trots om dit vir God Te doen. Vandag word God en Sy wil nie belangrik genoeg geag nie. Menseregte is mos belangeriker. Is dit nie waarom ons land in die gemors is waarin dit is nie. Hoe lei die liedjie ” Ken Hom in al jou weë en Hy Sal jou paaie gelyk maak”. Hoe kan ons ons land regeer met ‘n regering wat God nie erken of herken nie en ons kinders opvoed sonder God . Ek haat geen mens van water etniese groep hul ook al is nie, maar ek haat wat julle doen veral as dit strydig is met wat God se Wil is

Marina Tiemeijer ·

Ek sien André is al so gebreinspoel deur die media dat hy nie meer in staat is om vir homself te dink nie. Jammer dat jy so toe oë deur die lewe gaan. Hoekom word jy nie self boer nie André? Hierdie film gaan nie oor Steve nie, dit gaan oor boere, mense vir wie jy respek behoort te hê en in hierdie proses ook vir Steve, omdat hy een van ‘n handjie vol mense is wie opkom vir die boer se regte!!!

Tersia Rossouw ·

Ek stem saam dat ons die land se ware toedrag van sake aan die buiteland moet uitwys. Ek voel saam met mense wat swaar verliese gely het deur die toenemende misdaad. Ons almal is al beroof, verniel, en sonder vertoue. Die huidige regering het tot dusver ‘n gemors gemaak van alles. Maar ek stem nie saam dat nog ‘n nuwe party enigsins verbetering gaan bring nie. Die blankes is te verdeeld en breek so hul eie krag. Meerderheid mense is besig om met hul emosies instede van gesonde verstand te redeneer. Ek sien hoe die “Andre” op die blad aangeval word omdat hy sy opinie gelewer het? Dadelik is hy gebrandmerk as nie deel van die boere nasie nie? As nie deel van die Afrikaners nie? Hy word ook in sy persoon beledig? En dan roem die aanvallers teen hom, dat hul kinders van God is? Daar is derduisende goeie en slegte mense – blank en nie-blank. Terwyl die swart mense so in die meerderheid is is dit logies dat die oorgrootte kriminele, moordenaars, ens dus swart is. Die lewe het boos geword – in alle rasse – ons blankes is net in die minderheid. Wat die hart van vol is, loop die mond van oor – en al wat ek in bogenoemde komentare sien is harte vol haat, wat realisme verloor het daardeur. Hulle verdedig Steve met hand en tand en sien hom as hul redder? Gesnede beeld? Hulle skree: Steve vir President? Die somme klop nie?! Die land kan net gered word as al die mense wat teen die ANC party is, in een groot party konsolideer en sodoende ‘n daadwerklike verskil maak. Nog ‘n party is maar ‘n druppel in die see en sal ons net meer weerloos laat.

Yolanda ·

Steve is beslis trots Suid-Afrikaans (en Afrikaans), wat veg vir ons volkie, kultuur en reg in ons land! Hoeveel blanke mans in vandag se generasie sal die moed he om leiding te neem en te veg vir ons mense soos Steve doen?
Ek staan agter Steve en hoop dat die FB blad ‘Miljoen Stemme vir Steve’ spoedig sal groei met die hoop dat hy dan die politiek sal betree! ;)

Karin Smit ·

Aai dat daar wraggies nog mense soos andre is….wat met skille voor sy oe loop. Shame mense moet jammer voel vi hom. Heel duidelik het hy ni iemand waaroor hy hom hoef te bekommer….iemand soos my dogter wat in gr 11 is wat te bang is om in haar eie kamer te slaap oor al di inbrake hier in ons omgewing….nee andre word wakker …..en mag die Vader vi Steve di krag en leiding gee om n verskil te maak. Steve ons staan agter jou….en is trots op jou dat jy di moed het om di dinge vi almal te wys….dalk sal daar n paar skille van di mense se oe afval….mense soos andre…

charles ·

Dis jammer jy voel so oor n man wat net die waarheid spreek oor hoe dit regtig is as jou brein so klein en on eties is hoe vergelyk jy aanranding met grusame moord jy was seker nog nooit in jou lewe op n plaas nie nog minder in n plaas aanval betrokke en oorleef hy het dit nog mooi beskryf dis baie erger ek haal my hoed af vir hofmyer n man wat opstaan vir die boere nasie en dan kom praat jy oor anranding kom by dis realityd om klap te kry is nie n ligaam grusaam opgekap nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.