Eksklusiewe première vir Maroela Media-lesers

Racheltjie de Beer
Prys: R130 pp
Waar: Nu Metro VIP Parkview (Garsfonteinweg)
Wanneer: Donderdag, 10 Oktober 2019
Tyd: 19:00 vir 19:45

Kom saam bioskoop toe! Maroela Media bied jou die geleentheid om saam met ons die première van die langverwagte “Racheltjie de Beer” te kom kyk. Dit gaan ʼn aand op die rooi tapyt wees wat jy nooit sal vergeet nie. Kom kuier saam met Maroela Media, die akteurs van “Racheltjie de Beer” (Stian Bam en Antoinette Louw) en ander Maroela-lesers. Daar is slegs 100 plekke beskikbaar vir die publiek, so jy moet vinnig spring om jou plek te bespreek.

Jou kaartjie na die eksklusiewe Maroela-première bied jou die geleentheid om saam met Maroela Media oor ʼn glasie wyn te kuier, saam peuselhappies te geniet voor die fliek begin, sowel as die geleentheid om ʼn foto saam met die akteurs te neem op die rooi tapyt.

Kry jou kaartjies aanlyn by Maroela Media se Koöperasie.

Vyf jaar ná hulle ma, Marie, se dood bevind die De Beer-kinders, die 12-jarige Racheltjie en die vyfjarige Jamie, hulself op pad na die Goudvelde van die Witwatersrand saam met hul pa, Herman, wat ’n nuwe lewe daar wil begin. Dit is op hierdie reis na ʼn nuwe begin wat Racheltjie in ʼn oomblik van onselfsugtige dapperheid, geskiedenis verander. Kom beleef die aksie eerstehands saam met Maroela Media op 17 Oktober 2019. Ons sien uit daarna om jou te ontmoet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gustav Venter ·

Ek, soos baie ander van my geslag, en dié voor en daarna, is aangeryp deur die legende van Racheltjie de Beer. Dit het iets edel en onbaatsugtig verteenwoordig: Die ideale Afrikanervrou. Maar ons moet darem genoeg integriteit hê om te erken: Haar storie is suiwer legende. Sy het nooit bestaan nie. Friedel Hansen het nougesette navorsing oor dit gedoen en onomwonde bewys dat die verhaal deur Eugène Marais geskryf is, gebaseer op ‘n storie in ‘n Amerikaanse tydskrif. Racheltjie kon kwalik “geskiedenis verander” het as sy nie bestaan het nie.
Ek hoop dis ‘n wonderlike rolprent. Ons het dit nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.