Video: Faan gaan jou hart steel

Faan se Trein begin op 24 Januarie by teaters draai Foto: Faan se Trein Film Facebook-blad.

Faan se Trein begin op 24 Januarie by teaters draai Foto: Faan se Trein Film Facebook-blad.

ʼn Video en lokprent van die fliek volg onderaan die berig.

Die nuwe Afrikaanse rolprent Faan se Trein is binnekort op die silwerskerm te sien en is beslis een wat nie gemis moet word nie.

Die rolprent is gebaseer op die immergewilde verhoogstuk wat vir meer as 35 jaar lank op die planke was. Pieter Fourie het oorspronklik die verhoogstuk geskryf het en dit is deur die ikoniese regisseur, Koos Roets omskep in ‘n draaiboek.

Faan se Trein speel af op ʼn klein dorpie in die Karoo in die 1950’s en Willie Esterhuizen wat die rol van Faan vertolk, beskryf die karakter as “‘n sewejarige brein in ʼn vyftigjarige man se lyf”.

Die dorpsmense is egter verdeeld oor Faan: sommige voel dat hy ʼn gevaar vir die gemeenskap inhou terwyl ander sê dat hy totaal onskuldig is.

Die sterk rolverdeling is een van die talle redes om Faan se Trein te kyk, met onder andere Marius Weyers, Anel Alexander, Cobus Rossouw en natuurlik Willie Esterhuizen.  Esterhuizen bewys met dié rol dat hy nie net ʼn grapjas is nie, maar ʼn fantastiese akteur.

Faan se Trein het nege toekennings by verlede jaar se Silwerskermfees losgeslaan met onder andere beste film, beste akteur (Willie Esterhuizen) en beste vroulike byspeler (Anel Alexander).

Ons het ook ʼn draai by die première van Faan se Trein gaan maak waar ons met die akteurs gesels het en vir ‘n paar bekendes gevra wat hulle van die fliek gedink het.

Faan se Trein begin op 24 Januarie in teaters draai.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.