Fliek gemaak oor Thailand-grotredding

Reddingswerker buite die ingang van die grotkompleks . Foto: Sakchai Lalit/AP

Die ingewikkelde en heldhaftige redding van 12 skoolseuns en hul sokkerafrigter wat langer as twee weke in ʼn grot in Thailand vasgekeer was, het miljoene mense oor die hele wêreld aangegryp en nou is daar reeds sprake om dit in ʼn fliek te omskep.

Pure Flix Entertainment, ʼn geloofsgebaseerde produksiemaatskappy, gaan saam met Kaos Entertainment dié $45 miljoen-projek aanpak, het The Guardian berig.

Pure Flix Entertainment se medestigter en uitvoerende hoof, Michael Scott, was dae lank op die reddingstoneel.

“Die braafheid en heldedade wat ek gesien het, is ongelooflik inspirerend – dís hoekom ons ʼn fliek daarvan wil maak,” het hy gesê.

Dit sal wel nie soseer ʼn Christelike fliek wees nie, al is Pure Flix ʼn geloofsgebaseerde produksiemaatskappy.

Hierdie foto wat deur Elon Musk op Twitter gedeel is, toon hoe die reddingswerk voortgaan in die oorstroomde grot in die noorde van Thailand. Musk het dié foto vroeg Dinsdagoggend (10 Julie 2018) getwiet. Foto: Twitter

“Dit is nie nodig om daarvan ʼn Christelike fliek te maak nie, maar eerder net ʼn inspirerende een,” het Ellis gesê.

Daar is nog nie akteurs of draaiboekskrywers aangestel nie. Scott het reeds met van die reddingsduikers gepraat en deur derde partye ook met familielede van die vasgekeerde seuns.

Scott het gesê sy vrou was bevriend met Saman Kunan, ʼn voormalige lid van die Thai-vloot en vrywilliger wat verlede week gedurende ʼn nagtelike operasie gesterf het in ʼn poging om suurstofhouers in die grot te plaas.

“Dit gaan nie oor die fliek nie, maar om almal wat betrokke was, asook die vrywilliger wat dood is, te eer,” het Scott gesê.

Die opspraakwekkende reddingspoging wat op 23 Junie ʼn aanvang geneem het, was hoogs verwikkeld en het van die wêreld se beste reddingsduikers ingesluit. Die 12 seuns, tussen 11 en 16 jaar oud, en hul 25-jarige sokkerafrigter was sedert 23 Junie in die grot vasgekeer. Die grot is bekend daarvoor dat dit tydens die reënseisoen erg oorspoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SANDRA ·

Dis goed en reg dat ‘n film hieroor gemaak word, maar wie gaan in die winste deel?

Gestremde ·

Sal net graag wil weet of Elon Musk se miniatuur duikbote toe gebruik was met die reddingsoperasie. Sien hy was wel daar om foto te kan deel.

White Rhino ·

Ek dink ‘n fliek sal ‘n uitstkende idee wees sodat almal g e-eer kan word wat soveel ingesit het om hierdie kinders en afrigter te red.
Dit moet verewig vasgevang word sodat die wereld kan sien dat daar wel nog mense is wat vir ander omgee en dat daar ;n wonderwerk plaasgevind het .
Die sterfte van die een vrywilliger is so so hartseer en hy moet defnitief ge-eer word.
Die kinders en afrigter wat soveel harde bene gekou het en uitgehou en deurgedruk het moet ook ge-eer word.
Vir my was dit ‘n wonderwerk met al die wonderlike mense wat omgee vir ander en van dit ‘n sukses kon maak.

Lizelle Gibson ·

Ek ht di storie ini media gevolg en sal beslis di film wil sien.

Alta ·

Gestremde, ongelukkig kon Elon Musk se duikbote nie gebruik word nie

Jakalas ·

Ek sien almal wil die fliek sien. Ek sien nie hoekom dit so groot stories geword het nie. Ek dink ‘n dokumentêr is die vêrste wat ek dié sal vat. Hulle word uit genooi as ere gaste na die wêreld beker en ‘n film word van hulle gemaak. Mense is die vreemste goed op Aarde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.