Fliekresensie: Godzilla, King Kong meet kragte in fliekteaters

GODZILLA X KONG: THE NEW EMPIRE         
⭐⭐⭐⭐⭐(5/10) 
Met Rebecca Hall en Dan Stevens
Regisseur: Adam Wingard
(In teaters)

Dit begin alles met ʼn meisie wat ʼn teken of kode identifiseer. Dit kan die einde van die beskawing beteken soos ons dit ken, maar sal iemand na haar luister?

Miskien as ʼn reusepoot onder die sand uitpeul, of ʼn draak met meer skubbe as verstand uit die see verrys. Net die skok op die massiewe aap-gedoente, King Kong, se gesig wanneer hy die Japanse akkedis-likkewaan gewaar, mag jou reeds oorweldig. Maar wag tot die twee mekaar takel!

Tog skuil daar meer aan hierdie titaniese kreature se bewuswording van mekaar. Daar is ook ʼn ander bedreiging tussen die brûe wat ineen tuimel en Rome wat platgevee word met die aarde.

King Kong en Godzilla meet kragte in ‘Godzilla X Kong: The New Empire”. (Foto: IMDb)

Dit kan wees omdat die held en heldin se kwinkslae hulle sodanig irriteer dat hulle die twee uit die weg wil ruim, maar natuurlik strek die bedreiging dieper as dit.

Godzilla x Kong: The New Empire is die soort fliek wat jy op ʼn Vrydagaand gaan kyk as jy die breinselle wil laat rus, of jou wil verbeel die monsters kry jou onsimpatieke baas beet. Dis suiwer ontsnappingskaperjolle. Vermaaklik, bedenklik, oordrewe, maar dit maak geld! Nou in Imax en ander teaters.

(5/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.