Fliekresensie: Hierdie robotpop is nie kinderspeletjies

M3GAN
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐/10
Met Allison Williams en Violet McGraw
Regisseur: Gerard Johnstone
(Slegs in teaters)

Sy het die mooiste blou ogies wat jy nog aan ʼn speelding gesien het sedert Barbie, die perfekte modepop, maar dis waar die ooreenkoms ophou.

M3GAN is ʼn robotpop wat geskep is om eensame meisietjies geselskap te hou, maar wat gebeur wanneer sy begin wanfunksioneer en haar wil op dogtertjies begin afdwing?

Die rolprent waarsku om nie met die skepping te peuter en ʼn lewende speelding te probeer ontwerp nie. Dié kleingoed het die manier om moorddadig teen hul skeppers te draai.

Die fliek bevat ʼn paar onthutsende tonele soos M3GAN wat skielik ontstellende en vreemde dansbewegings begin uitvoer, wat skurke soos ʼn hond op vier voete volg en niks van grootmense hou nie. Sy raak ook befoeterd omdat volwassenes kinders so onderskat.

Amie Donald as M3Gan. (Foto: IMDb)

M3GAN is eintlik donker komies, maar tog is daar tonele wat kinders jonger as 16 kan ontstel. Dis haar bleeksiel, uitdrukkinglose voorkoms wat mense mislei, maar wanneer sy die dag haar humeur verloor, moet jy vlug, swaer!

Aanbeveel as anders en eksentriek en ʼn skeutjie bokant die gewone riller oor poppe.

Slegs in teaters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.