Fliekresensie: Onbekende Agatha Christie-storie kry lewe op grootskerm

A HAUNTING IN VENICE
⭐⭐⭐⭐⭐⭐ (6/10)
Met Kenneth Branagh en Tina Fey
Regisseur: Kenneth Branagh
(In teaters)

Daar is darem niks so lekker soos om met ʼn boek met Agatha Christie se naam voorop opgekrul te sit nie. Haar boeke werk natuurlik altyd beter as die rolprente waarop haar werk geskoei is.

ʼn Mens is onseker oor hoekom Kenneth Branagh ná Death on the Nile en Murder on the Orient Express besluit het om een van haar minder bekende werke, Halloween Party, as A Haunting in Venice te verfilm.

Dis die ene atmosfeer, gruwelgebeure, hol stemme van die anderkant van die graf, en spoke. Nie eintlik waaraan ʼn mens van die geniale ou dame gewoond is nie. En, Branagh haal uit en wys elke filmtegniek wat hy ken.

Die trek die aandag ʼn bietjie af van die belangrikste element in enige Agatha Christie: Wie het die moord gepleeg? ʼn Klomp mense kry ʼn geheimsinnige uitnodiging …  en nee, dis nie gestuur deur die persoon van wie jy dit verwag nie.

ʼn Kind het tevore daar gesterf. Dan word nóg ʼn moord gepleeg. Wie het daardie fatale daad gepleeg? Vir ʼn verandering is die moordenaar of moordenaars nie so goed versteek nie.

Kenneth Branagh en Tina Fey in ‘A Haunting in Venice’. (Foto: IMDb)

Jy kan na A Haunting in Venice gaan kyk as jy Dame Agatha se stories bewonder, maar dit is nie op dieselfde standaard as haar ander verhale nie, en Kenneth Branagh probeer net te hard om te spog.

Slegs in fliekteaters.

(6/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karoo ·

Waar ia die spring mielies….. ek vrek oor die vrou se stories wat i flieks omskep is, sy het voorwaar ‘n gawe gehaad.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.