Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Die Stropers’

Die Stropers, die splinternuwe Afrikaanse rolprent wat internasionaal met Engelse onderskrifte uitgereik is as The Harvesters, word op 15 Maart in fliekteaters landwyd uitgereik.

Dié fliek, wat verlede jaar op die kykNET-Silwerskermfees in Kampsbaai vir die eerste keer aan Suid-Afrikaanse gehore vertoon is, vertel die verhaal van Janno, vertolk deur Brent Vermeulen, wat in ʼn konserwatiewe boerderygemeenskap, wat behep is met manlikheid en krag, grootword.

Op ʼn dag bring sy streng en godsdienstige ma vir Pieter, vertolk deur Alex van Dyk, huis toe. Pieter is ʼn geharde straatweeskind wat Janno se ma wil red, en sy vra vir Janno om ʼn broer van hierdie vreemdeling te maak. Die twee seuns begin ʼn stryd om mag, erfenis en ouerliefde.

Die regie en draaiboek is behartig deur Etienne Kallos en gesoute akteurs soos Morné Visser, Erika Wessels en Danny Keough maak ook deel uit van die rolverdeling. Juliana Venter, Benré Labuschagne en Roxana Kerdachi is ook in die fliek te sien.

Die Stropers se première was tydens die Cannes-rolprentfees in Frankryk, waar dit ʼn staande toejuiging van die gehoor ontvang het.

Die fliek het ook reeds ʼn rits internasionale toekennings losgeslaan, waaronder die Sundance/Mahindra Global Filmmaker-toekenning, die Gan Foundation se Prix Opening Shot-toekenning, die Roomse internasionale rolprentfees se Alice Nella Citta Jury-toekenning vir beste vollengterolprent, die ChériesChéris-fliekfees se Grand Prix-toekenning en die African-rolprentfees van Khouribga se toekenning vir beste regisseur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Afrikaner in Frankryk ·

“Les Moissonneurs” in Frans. Dit paar weke terug saam met ‘n franse vriendin gaan kyk. Swakste fliek ooit, ‘n mors van tyd om te gaan kyk. Min dialoog, geen plot. Karikatuuragtige uitbeelding van die Afrikaner: wat ‘n verleentheid. Dit gee voor ons het ‘n oordrewe obsessie met geloof, amper asof ons ‘n sekte aanhang. Almal bid gedurig ! Wat ‘n spul twak. Waar kom hulle hieraan ? Dit maak ‘n bespotting van Afrikaners. So uitgesien daarna om Afrikaans te hoor en iets van my land te sien, maar wat ‘n teleurstelling. My viendin het na die tyd gesê dit het haar heeltemal afgesit daarvan om ooit SA toe te gaan. Ek kon my kop net laat sak in skaamte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.