Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Dominee Tienie’

ʼn Drastiese daling in kerkbywoning is wêreldwyd ʼn redelik algemene verskynsel en die rol van predikante in ons vinnig veranderende wêreld is een van die belangrikste temas van die rolprent, Dominee Tienie.

Frank Opperman, die bekroonde akteur, speel in hierdie nuwe rolprent die hoofrol met net soveel oortuiging as wat hy dié rol in die gelyknamige eenmanvertoning, wat deur Dana Snyman geskryf is, op die verhoog vertolk het.

Die rolprent vertel die storie van ʼn predikant wat sy selfvertroue moet terugkry as hy weer die ligstraal wil wees wat hy eens op ʼn tyd vir almal om hom was. Ná 16 jaar in diens van die moedergemeente word dominee Tienie gekonfronteer met ʼn skerp daling in die aantal gemeentelede en hy moet ʼn eietydse samelewing wat baie vinnig verander, trotseer. Is hy dapper genoeg om sy gemeente in hierdie nuwe era te lei?

Die rolverdeling sluit in Henriëtta Gryffenberg, Thapelo Mokoena, Regardt van den Bergh, Deon Lotz, Paul Eihlers en Annette Engelbrecht.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.