Fliekvlooi Floris se fliekresensie: Ellen – Die Ellen Pakkies Storie

Ellen, Die Ellen Pakkies Storie is ʼn fliek wat gaan oor Ellen Pakkies wat in 2007 aangekla is van die moord op haar dwelmverslaafde seun, Abie. Ellen se opspraakwekkende verhaal het die aandag van mense oor die hele wêreld getrek.

Die hofsaak wat daarna gevolg het, het belangstellendes op die punte van hulle stoele gehou en die rolprentvertelling daarvan beloof om dieselfde met kykers te doen en meer!

Dié fliek, wat op 7 September uitgereik word, is so na aan Ellen se regte storie dat die fliekspan selfs in haar eie huis opgeneem het.

Dié misdaaddrama het reeds oorsee opslae gemaak nadat dit in Januarie vanjaar amptelik gekies is om by die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees in Nederland vertoon te word en is ook in Mei vanjaar gekies om deel te wees van die 44ste jaarlikse Seattle Internasionale Rolprentfees in die VSA. Die rolprent, wat in die innerlike psige delf van ’n familie wat deur dwelms vernietig word in een van die gevaarlikste plaaslike gemeenskappe, is baie goed ontvang by die fees.

Leon van Nierop, resensent, het die rolprent volpunte gegee. “Hierdie is ʼn lewensveranderende rolprent. Dit word so oortuigend en meelewend vertel, dat ʼn mens voel of die waarheid jou in die maag skop en jou vra of jy dan regtig nie geweet het van hierdie probleem nie.”

Ellen: Die Ellen Pakkies-storie wys vanaf 6 September by SterKinekor en vanaf 7 September by NuMetro.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.