Fliekvlooi Floris se fliekresensie: Fiela se kind

Dalene Matthee se topverkoperboek, Fiela se kind, was ʼn verhaal wat elkeen wat dit gelees het, aangegryp het – en te oordeel aan die lokprent van die splinternuwe rolprentweergawe, gaan dié fliek dieselfde doen.

Die storie speel in 1865 in suidelike Afrika af waar Fiela, ʼn hardwerkende bruin vrou, ’n driejarige wit seuntjie op haar voorstoep ontdek. Haar besluit om hom in te neem hou egter langdurige gevolge vir haar en die kind in. Ná ’n dekade in Fiela se sorg, word Benjamin deur regeringsowerhede raakgesien. Hy word van haar weggeneem en terugbesorg aan die wit familie van houtkappers waarvandaan hulle glo hy kom.

Verwyder deur die gereg en afstand, probeer Fiela en Benjamin die volgende dekade om mekaar op te spoor terwyl hulle terselfdertyd vrede maak met hulle individuele identiteite. Fiela het ’n seun verloor en verval geleidelik in depressie, ’n gemoedstoestand wat verder vererger word deur die mishandeling wat sy ondervind aan die hand van die gereg, en Benjamin se nuwe pa terwyl sy hom probeer opspoor. Benjamin, aan die ander kant, word gewerp in ’n verarmde omgewing waarin hy mishandel word, een waarin hy geforseer word om ’n nuwe identiteit aan te neem terwyl hy sy eie onderdruk.

Fiela se Kind is in 1988 deur Katinka Heyns verwerk tot ʼn rolprent met Shaleen Surtie-Richards as Fiela – ʼn vertolking wat so ikonies is as die karakter deur wie dit geïnspireer is. In die jongste weergawe van die fliek speel Zenobia Kloppers die rol van Fiela, met Luca Bornman en Wayne Smith onderskeidelik in die rol van die jonger en die ouer Benjamin Komoetie.

Melissa Willering as Nina en Wayne Smith as die ouer Benjamin. (Foto: Verskaf)

Drikus Volschenk en Cindy Swanepoel vertolk die rolle van Elias en Barta van Rooyen. Melissa Willering, André Stoltz, Wayne van Rooyen en Stefan Erasmus maak ook deel uit van die rolverdeling.

Die jongste weergawe van die fliek is ook in die Knysna-bos en die Karoo geskiet.

Die film is deur Danie Bester (Vir altydVaselinetjie en Stroomop) in samewerking met kykNET Films, Filmfinity (Pty) Ltd en die departement van handel en nywerheid vervaardig, terwyl Brett Michael Innes, skrywer en regisseur van die Safta-bekroonde fliek, Sink, die regie behartig het.

Fiela se kind is van 13 September in fliekteaters in Suid-Afrika te sien.

Kyk Fliekvlooi Floris se resensie oor die fliek:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter Botha ·

Hollywood is dood agv herhaling van storielyne van films wat alreeds voorheen gemaak is….en nou weer gemaak word…dit gaan noemand lok nie…kyk eerder Youtube.

lh ·

NIEMAND sal ooit Fiela wees vir my, behalwe Shaleen Surti-Richards nie!

Div ·

Ek en my sus gaan dit definitief kyk, ons gunsteling uitstappie fliek en ietsie eet daarna. Ons bly op die platteland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.